Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tv
Lerina Erasmus (71) dood
Lerina Erasmus verlede jaar in haar huis in Parkwood afgeneem.

Die aktrise en skrywer Lerina Erasmus (71) is Maandag in Johannesburg dood.

Erasmus is bekend om Die Mannheim-sage wat op radio uitgesaai is en later in ’n televisiereeks ontwikkel is met Sandra Prinsloo, Hans Strydom en Richard van der Westhuizen in die hoofrolle.

Haar misdaadroman Die leliemoordenaar het verlede jaar by Tafelberg verskyn. Sy het ten tyde van haar dood aan nog ’n roman geskryf.

As aktrise was sy onder meer bekend vir haar vertolkings in Stephan Bouwer se stukke Dokter, dokter en Teater, teater.

Sy het ook in produksies vir die destydse kunsterade gespeel. Sy was een van prof. Anna Neethling-Pohl, aktrise en teaterdoyenne, se studente.

Sy word oorleef deur haar man, Günter Schmickal, haar seun, Stefan-Pieter, en sy vrou, Michelle, en twee kleinkinders.

Volgens haar jare lange vriend Jan Groenewald het hulle beplan om haar verjaarsdag eerskomende Sondag in Johannesburg te vier.

Meer oor:  Lerina Erasmus  |  Oorlede  |  Aktrise  |  Skrywer
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.