Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tv
Lieb Bester Woensdag in Pretoria ter ruste gelê
Lieb Bester

Die akteur Lieb Bester (72), wat verlede week oorlede is, word Woensdag in Pretoria ter ruste gelê.

Sy broer, ds. André Bester van die Evangelies-Gereformeerde kerk Rietfontein in Pretoria, lei die diens, wat ook op Netwerk24 gestroom sal word.

“Ons gaan die gepraat tot die minimum beperk,” sê hy. “Die diens begin om 13:00, maar sy dogter Erika Venter bied om 12:30 ’n skyfievertoning van foto’s en Lieb se gunstelingmusiek aan. Ons gaan sy gunstelinglied, ‘Lichtstad met uw paarlen poorten’, in die diens speel. Ek en Lieb het die voorreg gehad om dit in ’n erediens in ’n gemeente in Nederland te kon sing. Dit het vir hom baie betekenis gehad. Dis nog onseker of sy dogter Nicole op die diens sal praat.”

Bester, wat verskeie instrumente bespeel het, was die afgelope anderhalf jaar die orrelis in sy broer se gemeente. Hy het ook by sy broer en suster in die pastorie gewoon.

“Ek gaan lees uit 2 Korintiërs 5:1 tot 10,” sê André. “Die sanger Chris Coetzer gaan Koos du Plessis se lied ‘Gebed’ sing, terwyl ds. Jan Keyser die bedankings sal behartig. Chris sal daarna ‘Glory Land’ sing. Weermagveterane sal sy kis dra, waarna die stoet na die Zandfontein-begraafplaas sal vertrek.”

Bester is op Woensdag 21 Julie in ’n hospitaal in Pretoria dood nadat hy die derde keer opgeneem is. Hy het vroeër Covid-19 opgedoen, maar het dit volgens sy broer nie meer die laaste twee weke van sy lewe gehad nie. Sy organe is egter deur die virus beskadig.

“Ek is so dankbaar ons kan hierdie afskeid met mense deel. Dit is so moeilik met dié dat net 50 mense die diens kan bywoon. Dit breek my hart elke keer as ek iemand moet wegwys. Ons gaan dit nie lank uitrek nie, maar ons glo dit sal spesiaal wees,” sê André.

“Baie dankie vir almal se meelewing in dié tyd. Jul blyke van meegevoel. Ons as familie waardeer dit verskriklik baie. Dis ander mense se liefde wat ’n mens in hierdie tyd deurdra en natuurlik die Here se nabyheid.”

Volg die diens hier. Dit word ook op die Evangelies-Gereformeerde kerk Rietfontein se Facebook-blad gestroom.

Meer oor:  Johannesburg
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.