SWART-VRYDAG-AANBOD! Betaal slegs R9,99 vir die eerste twee maande as jy nou ’n intekenaar word. Spring gou!
Tv
Lira maak derde buiging in ‘The Voice’
Lira

Die Afro-chic-sangeres Lira keer terug as afrigter in die derde reeks van The Voice of M-Net.

Sy sal saam met onder andere Riky Rick en Riana Nel die rooi stoele deel en nuwe sangtalent help ontwikkel in dié musiekwerklikheidsreeks. Die vierde afrigter word binnekort bekend gemaak.

Lira was ook ’n afrigter in die eerste twee reekse.

“Dit was ’n ongelooflike ervaring,” sê sy in ’n verklaring.

“Dit is ’n wonderlike samewerkingsplatform wat werklik lewens verander. Elke keer wanneer ek die verhoog deel met iemand wat ons op The Voice ontdek het, word ek oorweldig. Dit is goed om te weet dat die reeks ruwe diamante oplaas laat skitter.”

The Voice is ’n musiektalentkompetisie waarin vier afrigters (bekende sangers) met die eerste oudisies, die sogenaamde “blinde oudisies”, met hul rug na die deelnemer sit. Op grond van ’n deelnemer se stem besluit hulle dan of hulle die deelnemer onder hul vlerk wil neem.

Die derde seisoen se “blinde oudisies” word vandeesmaand gehou. Toegang is gratis, maar bespreking is noodsaaklik. Die eerste “blinde oudisies” word op 21 en 22 November aangebied en daarna op 26 en 27 November.

Besoek mnet.tv/thevoice om te bespreek.

* Die nuwe reeks word by Urban Brew Studios in Randburg verfilm.

* Die reeks begin in Februarie op M-Net (DStv-kanaal 101).

Meer oor:  M-Net  |  Lira  |  Televisie  |  Musie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.