Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tv
Liv Tyler nou ook ’n ‘harlot’ op Showmax
Die vroue in Harlots is voor van links Eloise Smyth, Liv Tyler en Jessica Brown Findlay, Agter staan Samantha Morton en Leslie Manville.

Die Amerikaanse aktrise Liv Tyler is deel van die rolverdeling van die tweede seisoen van Harlots, wat eerste op Showmax te siene sal wees.

Harlots speel af in Londen se bordele in 1763, toe een uit elke vyf vroue as prostitute gewerk het.

Dit handel oor Margaret Wells (Samantha Morton), wat sukkel om die rol van ’n ma vir haar dogters, Charlotte (Jessica Brown Findlay) en Lucy (Eloise Smyth), te vervul en om daarmee saam ’n bordeeleienaar te wees. Boonop het sy te kampe met ’n mededingende bordeeleienaar, die vurige Lydia Quigley (Lesley Manville).

Tyler betree dié wêreld as ’n eensame erfgenaam, Isabella Fitzwilliam, wat deur Lydia afgepers word.

“Sy’s ’n Engelse aristokraat wat baie ryk, elegant en swierig is, so anders as die res van die vroue wat in prostitusie werk,” vertel Tyler in onderhoud.

Sy meen dié karakter is haar uitdagendste en mees veelvlakkige rol nog. Boonop ken sy en Morton mekaar al jare en sy het groot bewondering vir haar.

“Samantha is een van die talentvolste en dapperste aktrises wat ek ken.”

Tyler glo ook dit maak ’n verskil dat Harlots deur vroue geskryf, vervaardig en geregisseer word.

“Al die betrokke vroue is so talentvol en gee jou ’n bepaalde blik op die vroulike psige, wat soveel anders sou gewees het as dit deur ’n man geskryf is.”

Daar is vir haar ook ’n groot verskil tussen Hollywood en Brittanje.

“Ek kyk na Lesley wat onlangs ’n Oscar-benoeming gekry het vir haar rol in Phanthom Tread en steeds in die aande saam met Jeremy Irons op die verhoog staan. Sy kom soggens in, nes almal anders, en saans is sy in die teater. Dis ongelooflik. Hier is nie ’n gevoel van roem nie.”

Oor die kostuums wat haar karakter moes dra, verklaar Tyler dat sy nou die vryheid nog meer waardeer wat moderne klere bied.

Meer oor:  Liv Tyler  |  Showmax  |  Televisie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.