Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tv
Lochner rokjagter in ‘Huis Lelieveld’
Lochner de Kock as Vis Venter in die kykNET-komedie Huis Lelieveld. Foto: Eden Wessels

Die akteur Lochner de Kock maak Maandag sy buiging as ’n “outydse Don Juan wat die aftreeoord met die Playboy Mansion verwar” in die tweede reeks van die kykNET-komedie Huis Lelieveld.

“Vis Venter is ’n rokjagter en ’n opstoker en almal in Huis Lelieveld is sy teiken,” sê De Kock oor die karakter wat met almal oor die weg kom buiten die predikant.

“Hulle sit vas soos ’n mens nie kan glo nie. Hy geniet die lewe, sonder perke, en hy aanvaar nie nee vir ’n antwoord nie. Op ’n kol maak hy ’n vrou dronk, wat dan sonder klere met ’n kitaar die eetsaal indans. Almal is verontwaardig, maar Vis put groot vreugde daaruit. En hy dobbel. Soms wen hy, ander kere verloor hy – met rampspoedige gevolge.”

De Kock het lanklaas in ’n televisiereeks verskyn omdat hy en sy vriend en sangmaat, Richard van der Westhuizen, dikwels saamtoer.

“Dit was lekker om aan die reeks te werk,” sê De Kock.

“My karakter was eintlik nie meer rou toe hy gestalte gekry het nie, want die ander karakters het al in die reeks oor hom geskinder.”

De Kock het al voorheen stemwerk vir Willie Esterhuizen, draaiboekskrywer en regisseur van Huis Lelieveld, gedoen, maar nog nooit saam met hom as regisseur gewerk nie.

“Willie skryf ook die storie soos dinge aangaan. En hoe hy daardie tekste uitdraai, weet die Vader alleen.”

De Kock sou onlangs as oorklankingsregisseur begin werk het aan Turkse reekse wat in Afrikaans vertaal word, maar weens die Covid-19-pandemie is die produksie uitgestel.

De Kock werk tans aan die Engelse vertaling van sy kinderboek Die drie muiskatiere.

Terselfdertyd werk hy aan ’n nuwe kookboek, HAP.

“Ek sit lekker by die kombuistafel en skryf. Dan staan ek op om kos te maak. Ek gebruik die tyd wat ek by die huis het.”

* Huis Lelieveld word Maandae om 20:00 op kykNET (DStv-kanaal 144) uitgesaai.

Meer oor:  Kyknet  |  Komedie  |  Televisie  |  Huis Lelieveld  |  Akteurs
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.