Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tv
‘Love Island’ kry dit net nie reg nie

M-Net het twee insetsels van die maatsoekprogram Love Island SA van sy program verwyder.

Heruitsendings en eksklusiewe agter-die-skerms-insetsels van die program is reeds Vrydag van die program verwyder en vervang deur flieks en heruitsendings van ander programme wat op die DStv-kanaal gewys word.

Love Island se Suid-Afrikaanse weergawe het sedert die eerste episode op Sondag 28 Februarie die wind van voor gekry.

Kykers het dit gekritiseer oor die swak produksiegehalte en die gebrek aan die diversiteit van die deelnemers. Net drie van die tien deelnemers is swart.

LottoStar het hom ook slegs twee dae ná die aanvang van die reeks as hoofborg onttrek. LottoStar het geen verdere kommentaar gelewer sedert Tasoulla Hadjigeorgiou, sy direkteur, verlede Dinsdagmiddag in ’n kort inskrywing op sosialemediaplatforms gesê het die borgskap word onttrek nie.

Nie M-Net óf DStv het die afgelope week op enige navrae oor die herrie rondom die reeks gereageer nie.

'n Advertensie op M-Net wat tydens die uitsending van ‘Love Island SA’ vertoon is en waarin M-Net vir die gebrek aan diversiteit en die produksieprobleme verskoning vra. Foto: M-Net

Joanne Botha van Aprio Kommunikasie, wat M-Net verteenwoordig, verwys die navrae na M-Net en Love Island se sosialemedia-blaaie, waarop daar min tot geen inligting oor die probleme is nie.

Oor die produksie- en diversiteitskwessies het M-Net verskoning gevra en gesê hy werk onverpoos om dit reg te stel.

In Donderdagaand se uitsending was daar steeds heelparty tegniese foute, soos die kaatsing van klankgrepe en fluisterstemme op die agtergrond.

News24 berig iemand na aan die produksiespan sê dit voel vir hulle soos ’n nagmerrie en hulle sweet nou om alles op dreef en na wense te vervaardig.

* Love Island SA word daagliks om 21:30 op DStv-kanaal 101 uitgesaai.

love island


MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.