Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tv
Luister: ‘Toks & tjops’ kry nuwe temalied
Breyten Paulse, Janina Oberholzer, Toks van der Linde en Tommy Dickson op die stel van Toks & tjops.
Jakkie Louw
Pietman Geldenhuys

KykNET se geselsprogram Toks & tjops het van Vrydag af ’n splinternuwe temalied.

Die liedie “Braai” kom uit die pen van die musikante Jakkie Louw en Pietman Geldenhuys, ook bekend as Pietman die Skot.

Hulle albei sing ook die lied.

Die aanbieders, Toks van der Linde, Breyten Paulse en Janina Oberholzer, gesels elke week met gaste en hou ’n oog op die jongste sportnuus.

Daar word gebraai, terwyl hulle sing en gesels. Die sjef Vaatjie (Tommy Dickson) sorg vir die kos.

“Ek glo nie daar is al 'n kommersiële liedjie oor braai geskryf nie. Daar is al oor alles geskryf, selfs oor pikkewyne (Louw het ’n lied ‘Drie pikkewyne’). Ek wil hê mense moet vir my in ’n groot skare kan skree: ‘Kom ons braai, kom ons braai.’ Daar is ’n rock ’n roll-edge met die lied, maar daar is ook ’n bietjie Afrika-klanke.”

Louw het die refrein geskryf en Geldenhuys die verse.

Geldenhuys is ook bekend as medeaanbieder van Oppiestoep op kykNET.

Al bly Geldenhuys in Malmesbury en Louw in Pretoria, kon niks hulle keer om die liedjie te skep nie.

Met ’n vorige verskyning op die program het Van der Linde vir Louw gevra of hy dalk die nuwe liedjie wil skryf.

“Ek en Toks is al baie jare pêlle. Ek ken hom sedert ek 16 was. Ons het op ’n Toks & tjops-bootreis gegaan en vir die mense in die gehoor gevra watter woorde hulle in die liedjie wil hoor.”

* Toks en tjops word Vrydae om 20:00 uitgesaai.

Meer oor:  Toks Van Der Linde  |  Televisie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.