Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tv
Lyntjie Jaars nuwe mede-aanbieder van ‘Oppiestoep’
Lyntjie Jaars Foto: Eden Wessels

Dit is vir Lyntjie Jaars ’n “lekker kuier” om die nuwe mede-aanbieder van die kykNET-geselsprogram Oppiestoep te wees.

Sy beaam dit is ’n “gesellige affêre”.

“Maar daar was klomp senuwees; daai kan ek nou nie vir jou lieg nie.”

Die vyfde seisoen het onlangs begin.

Tog het Pietman Geldenhuys, haar mede-aanbieder, ’n kalmerende uitwerking op haar.

“ ’n Mens kan lekker lag, jy hoef nie terug te hou nie. Ek is dankbaar vir Pietman. Ek kan baie by hom leer en ’n mens moet kan leer.”

Geldenhuys en sy vrou het toevallig ’n onderhoud met Jaars oor die radio gehoor toe hulle na Swellendam in die Wes-Kaap onderweg was.

“Toe vra Pietman vir sy vrou: 'Jong, wie praat nou daar?' En dis op grond daarvan dat ek vir ’n oudisie (vir Oppiestoep) genooi is. Ek het die dingetjie gaan doen en was gelukkig genoeg om te gaan slaag.”

Geldenhuys se skoonouers woon ook op Springbok in die Noord-Kaap, waar Jaars vandaan kom.

Lyntjie Jaars en Pietman Geldenhuys, aanbieders van ‘Oppiestoep’ op kykNET.

“En die Namakwaland bestaan uit unieke storievertellers. Oom Arno (Geldenhuys se skoonpa) is een van hulle. Johan Stemmet (eertydse aanbieder van Noot vir noot op SABC 2) is ook mos van Springbok.”

Sy het ook Johan van Jaarsveld se dramareeks Die Manakwalanners destyds gesien.

“Verstaan jy. My mense was op TV. Ons was mos kinders toe dit destyds uitgesaai is.”

Jaars was lank ’n omroeper by Radio NFM 98.1. Sy het voorheen as veldaanbieder verskyn in die VIA-program Stories wat saak maak, met Coenie de Villiers as aanbieder.

“Dit was juis as gevolg van Radio NFM 98.1 dat ek by Klop! (op kykNET & Kie) veldaanbieder geword het, en vir Coenie het ek op ’n seminaar van Maroela Media ontmoet. So, al die dinge is inmekaargevleg.”

Jaars het in Springbok gematrikuleer en was later ’n bemarker in Worcester.

Sy het in 2009 ’n radio-uitsaaikursus in Barberton in die Laeveld bygewoon en die kursusleier, dr. Flip Loots, aanbieder van Fiks vir die lewe op RSG, het vir haar gesê daar is vir haar ’n toekoms in die bedryf.

Sy het begin om die program Familiefokus op Radio NFM 98.1 aan te bied.

“Interessant genoeg doen ek vandag nie meer radiowerk nie, behalwe as RSG my nog vra om die aand-oordenking te doen. Radio is ’n lekker medium.”

Oppiestoep word Saterdae om 19:30 op kykNET (DStv-kanaal 144) uitgesaai.

Meer oor:  Kyknet  |  Televisie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.