Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tv
M-Net staak analoogdiens

TV-kykers wat nog staatmaak op die TV-kanaal M-Net se analoogdiens moet die uitsaaier MultiChoice voor 31 Maart kontak om seker te maak hulle mis nie hul gunsteling-programme nie.

MultiChoice se digitale migrasie gaan voort en dit beteken onder meer dat hy van analoog- na digitale TV-seine oorskakel. Dié migrasie maak beter beeld en beter klank moontlik.

Dié ou tipe analoog-M-Net-dekodeerders sal ná 31 Maart nie meer sein ontvang nie. Dit is die afsnypunt wanneer MultiChoice na digitale uitsendings migreer.

Jackie Rakitla, hoofbestuurder van korporatiewe sake by MultiChoice, sê die uitsaaier is geruime tyd reeds besig om kliënte wat nog die “ou” M-Net- en CSN-pakket het, oor te skakel na die digitale diens. CSN is ’n sportkanaal.

“Die spesiale diens M-Net GO sal presies dieselfde wees as hul vorige pakket, met M-Net en CSN. Ons hanteer die hele proses en dek ál die uitgawes van die installering en die nuwe dekodeerders,” sê Rakitla.

Hy sê kliënte wat buite die digitale uitsaaigebied val, sal met behulp van satellietuitsendings hul sein ontvang.

“Dit beteken ook kykers sal ’n beter beeld en beter klank ontvang en ook vir die eerste keer toegang hê tot die elektroniese TV-gids wat die programskedule vir die volgende agt dae wys.”

Volgens Rakitla duur die migrasieproses al etlike jare en dra M-Net sedert Februarie ’n teksstrook op die kanaal om kliënte te herinner aan die spertyd.

“Kliënte moet ons sou gou moontlik bel by 011 289 2270, ons sal dan vasstel watter stelsel hulle tans gebruik en reël dan vir migrasie. Ons reël ’n installeerder, asook die hardeware soos ’n dekodeerder, skottel of antenna.”

Rakitla het beklemtoon dat die digitale migrasie geensins DStv-kliënte se diens raak nie.

Meer oor:  Multichoice  |  Tv  |  M-Net  |  Digitaal
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.