Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tv
M-Net wys omstrede ‘Leaving Neverland’ dié naweek

Die omstrede dokumentêr Leaving Neverland is Vrydag en Saterdag in Suid-Afrika te sien.

M-Net het die regte bekom om die dokkie in twee dele uit te saai. Vrydagaand 15 Maart word die eerste deel om 21:00 op M-Net (101) gewys en die tweede deel Saterdag ook om 21:00.

Die dokkie het net meer as ’n week gelede op die Sundance-filmfees gewys en dadelik opspraak verwek.

Michael Jackson en Wade Robson

Dis vervaardig deur Dan Reed wat in sy loopbaan al vyf Bafta-toekennings gewen het. Hy is ook die regisseur.

Die dokkie is vier uur lank en gee gebeure weer van James Safechuck en Wade Robson (nou volwasse mans in hul 30’s) wat vriende met Michael Jackson was toe hulle tien en sewe jaar oud was.

Onderhoude word met hulle en hul gesinne en ouers gevoer en onthullings word oor seksuele misbruik gemaak. Weens die sterk taalgebruik, verwysings na selfbesering en grafiese beskrywings van seks met kinders is die dokumentêr nie geskik vir kinders nie.

M-Net herskeduleer sy programme om die dokkie te wys.

Meer oor:  Leaving Neverland
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.