Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tv
Maak jou reg vir nuwe ‘Noot vir Noot’, belowe Emo
Emo Adams is die nuwe aanbieder van die gewilde musiekspeletjieprogram Noot vir Noot.Foto: Facebook

“Ek gaan beslis ’n paar danspassies in my eie onderbaadjies op die stel van Noot vir Noot uitvoer!”

So belowe Emo Adams ná die aankondiging die afgelope week dat hy Johan Stemmet as aanbieder van dié gewilde musiekspeletjieprogram vervang.

“Die feit dat iemand soos Johan my ondersteun, beteken ongelooflik baie vir my – dié boytjie van die Kaapse Vlaktes,” sê die sanger en komediant, wat verlede jaar reeds drie dekades in die vermaaklikheidsbedryf gevier het en ewe gewild is onder jong en ouer aanhangers.

“Dit beteken dat al die harde werk wat ek tot nou toe ingesit het, nie verniet was nie.”

Adams se doel is om ’n nuwer en varser Noot vir Noot aan ’n jonger generasie kykers bekend te stel. “Dit is ’n riem onder die hart dat mense soos Johan soveel vertroue in my het en ek gaan alles in my vermoë doen om aan almal se verwagtinge te voldoen met wat ek na die show bring. Alhoewel Noot vir Noot ’n nuwe baadjie aantrek, gaan ons nie die bestaande aanhangers alienate nie.”

Adams verduidelik dat hy nie gaan probeer om Stemmet se styl van aanbieding na te boots nie.

“Daar is net een Johan Stemmet, net soos wat daar net een Emo Adams is. Ek wil my eie stempel afdruk. Waarin lê die pret as jy iets doen wat reeds gedoen is? Oud en jonk moet hulle maar gereed maak vir iets opwindends wat hulle nog nooit vantevore gesien het nie!”

Episodes vir die nuwe seisoen word in Mei opgeneem en sal na verwagting in Augustus op SABC2 te sien wees.

Daar is net een Johan Stemmet, net soos wat daar net een Emo Adams is.

Meer oor:  Johan Stemmet  |  Noot Vir Noot  |  Emo Adams
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.