Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tv
'Maak my Famous': 'Ek was bang, ek het gehuil'

Cheswyn Ruiters (23), ’n sanger van Worcester in die Wes-Kaap, is Donderdagaand as die eerste wenner van Maak My Famous aangewys.

Die talentkompetisie is op kykNET uitgesaai en kykers kon vir hul gunstelingdeelnemer stem.

Ruiters het nadat hy as die wenner aangekondig is, gesê dit voel nog baie onwerklik dat hy gewen het.

“Ek was bang, ek het gehuil, maar dit was die moeite werd,” het Ruiters oor die laaste oomblik gesê voordat Emo Adams, die program se aanbieder, aangekondig het dat hy die wenner is.

Cheswyn Ruiters (23) van Worcester. Foto: Verskaf

Ruiters sê hy wil eerste vir die Here dankie sê dat hy gewen het.

“Baie, baie dankie dat julle (ondersteuners) glo in my en dat julle glo in my droom. En dat julle my ondersteun.”

Hy het ook almal bedank wat vir hom gestem het.

Ruiters se pryse sluit in ’n jaarkontrak met All Star Management, ’n toer saam met Adams en ’n bemarkingskontrak van ’n jaar deur Ian Bredenkamp-media.

Hy het ook klere en bykomstighede ter waarde van R50 000 van die Foschini-groep ontvang, ’n motor ter waarde van R380 000 van Toyota en R100 000 kontant.

Die naaswenner, Bernice West, het R50 000 ontvang.

Karen Zoid, Belinda Davids en Kurt Darren het tydens die finaal opgetree.

Meer oor:  Cheswyn Ruiters  |  Worcester  |  Maak My Famous
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.