Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tv
'Dis ’n mooi man, sjoe' sê boer Damian by blitsafspraak

“Ek sê jou, Leah, daar was party van daai vroue – toe hulle instap toe voel dit ek kan aan hulle lek. Jis, hulle is mooi!”

So het boer Willem (29) skertsend gesê nadat hy tien moontlike pasmaats ontmoet het in Donderdagaand se episode van Boer soek ’n vrou op kykNET.

Die boere het tien moontlike pasmaats gekies uit die briewe wat hulle in verlede week se episode ontvang het en in die jongste episode Donderdagaand kon hulle al tien ontmoet. Hulle moes uiteindelik elkeen hul vyf gunstelinge kies om hulle beter te leer ken.

Al die boere se moontlike pasmaats, insluitend die eerste groep manlike pasmaats, groet die boere voor die blitsafsprake.

Dit was ook die eerste keer dat ’n groep mans op die program bymekaargekom het vir ’n boer. Boer Damian, dié reeks se eerste gay boer, kon net nege pasmaats ontmoet omdat een van die tien weens probleme met ’n vlug nie die blitsafsprake kon bywoon nie.

Nadat boer Damian met een van hulle, Dijan, gesels het, sê hy vir die kamera: “Dis ’n mooi man, sjoe.” Dijan het tydens die afspraak gesê hy sal dit oorweeg om Gauteng toe te verhuis, mits dit vir liefde of ’n goeie werkgeleentheid is.

“Dit het beter gegaan as wat ek gedink het,” het boer Theunis ná die afsprake gesê.

“ ’n Mens is ’n bietjie op jou senuwees aan die begin, maar ek het nogal gekry wat ek verwag het.”

Boer Graham (26) het sommer ná een van die blitsafsprake gesê: “Daar is ’n trouvrou!”

Boer Damian, Henrie, Graham, Theunis en Willem sit en bekyk mekaar se briewe.

Die oudste boer in die reeks, boer Hentie (51), het twee geskenkies gekry by die vroue wat hy gekies het vir die blitsafsprake. Een hiervan was ’n klein wit blom en die ander ’n spesiaal toegedraaide pakkie van ’n moontlike pasmaat, Hantie.

Hy het met ’n ander moontlike pasmaat, Angie, gesels oor rooibostee waarmee hy boer en sy het gesê dat sy “sinoniem” is met ’n koppie rooibostee.

Andrew (vir boer Damian), Anchen (vir boer Graham) en Anneen (vir boer Theunis) vertel hoe die afsprake gegaan het. Al drie dié moontlike pasmaats is deur hul boere gekies en sal in volgende week se episode te sien wees.

Boer Willem het met Runet, een van sy moontlike pasmaats, gedeel dat hy nie lief is vir tee nie, al boer hy daarmee.

“Ek love tee,” het sy gesê.

Jhelizé, nog ’n moontlike pasmaat vir boer Willem en ’n forensiese rekenmeester, het met hom gesels oor die plaas en gesê sy geniet dit om te jag en rugby te kyk.

“Sy gaan nie kerm as ek gaan jag nie,” het boer Willem met ’n glimlag ná die gesprek gesê.

“Sy gaan tien teen een vir my sê ek moet haar saamvat. Hoe gaan ek dít wangle? Onse genade.”

’n Paar moontlike pasmaats vir boer Theunis (36), Marcia, Liesl en Lindie, het beklemtoon dat hulle lief is vir die natuur en oefen.

Boer Theunis het grappig vir Lindie gesê as hy nie ’n boer was nie, sou hy ’n “rockster, of so iets” wou wees.

Boer soek ’n vrou word Donderdae om 20:00 op kykNET uitgesaai. Hou ook Sondagaand kykNET dop vir Hannes van Wyk se onderhoud met boer Damian om 18:00 op die TV-program Kwêla.

  • Kyk ál die vorige reekse van Boer soek ’n vrou op Showmax. http://pubads.g.doubleclick.net/gampad/clk?id=5196953734&iu=/8900/24.com/Web/Netwerk24
Meer oor:  Realiteitsreeks  |  Boer Soek ’N Vrou  |  Vermaak  |  Tv-Reeks
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.