Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tv
Margot Luyt sterf aan Covid-19

Die veteraan-omroeper en aktrise Margot Luyt (73) is Dinsdag aan Covid-19 dood.

Luyt, wat aan Parkinson se siekte gely het, is Vrydag in die Karl Bremer-hospitaal in Kaapstad opgeneem, sê haar suster, Ella Viljoen. 

“Margot het ’n hoë koors gehad en is vir Covid-19 getoets. Hulle het Saterdag uitgevind sy is positief getoets. Sy was die afgelope jaar baie swak. Sy het in die De Rust-sorgsentrum in Durbanville, noord van Kaapstad, gewoon. Sy was die laaste paar maande in ’n rolstoel. Ek het nog gister gebel om te hoor of haar selfoon afgelewer kon word. ’n Mens kon nie met haar praat nie.”

Gedigtefees8BIM
Margot Luyt

Luyt sou weer in die De Rust-sorgsentrum opgeneem word omdat sy daar net so goed versorg kon word. 

Sy is egter in die ambulans op pad na die sentrum oorlede. 

Luyt het jare lank die programme Vers en klank en Kortom op RSG aangebied en veral haar stempel met radiodrama afgedruk. Sy was ook verantwoordelik vir radioreekse soos Portret van . . .

Sy was in die eerste klas van die Universiteit van Pretoria se dramadepartement, wat prof. Anna Neethling-Pohl begin het.

Neethling-Pohl, ook 'n aktrise, se sterkpunt was die voordrag van poësie. Luyt het later jare gesê Neethling-Pohl het hulle as studente baie lief vir poësie gemaak. 

Sy het in televisiereekse soos Soutmansland, Amalia en Geraldina die tweede verskyn.

Sy het ook in flieks soos Nicolene en Die spook van Donkergat verskyn.

Sy het in die 1970's as oorklankingsregisseur by die SAUK begin werk. 

Sy het verlede jaar ’n ATKV-eerbewys vir lewenslange bydrae op die ATKV-mediaveertjies gekry.

Haar lewensmaat, Graham Clarke, is in 2019 dood. Hy is ná ’n ongeluk in Antarktika gestremd gelaat.

Sy het drie broers gehad. Twee is oorlede en een word sedert 2012 vermis. 

Sy word deur haar dogter, Jacqui, en drie kleinkinders oorleef.

* Die berig is aangepas nadat dit aanvanklik gepubliseer is.

Meer oor:  Margot Luyt  |  Sterf  |  Covid-19
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.