Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tv
‘McMillion$’ nou op Showmax te sien
Die dokumentêre minireeks oor ’n bedrogspul van miljoene dollar tydens ’n McDonald’s-promosieveldtog is nou op Showmax te sien.

Stel jou voor jy gaan uit om ’n hamburger te koop en kom terug met $1 miljoen. Dit is die aanloklike prys wat McDonald’s sy Amerikaanse klante in die 1990’s aangebied het, en wie kan dít weerstaan?

Maar wanneer jy keer op keer teruggaan en nooit wen nie, kan jy begin dink dat dit eintlik net ’n slenter is. Jy weet natuurlik dit is nie – of is dit?

McMillion$ gaan oor McDonald’s se massiewe bedrogspul en is tans op Showmax te sien.

McDonald’s het in 1989 besluit om ’n prettige bemarkingstrategie te begin en het die hulp ingeroep van Simon Marketing, wat ’n Monopoly-speletjie met ’n wennerkaartjiestelsel ontwikkel het. Klante kon enigiets van gratis kos tot $1 miljoen wen.

Dit was McDonald’s se suksesvolste promosie tot nog toe en is baie jare ook in ander lande wêreldwyd aangebied. Daar was van die eerste advertensie af in 2001 feitlik geen wettige wenners in die VSA nie en tog het McDonald’s miljoene dollar se pryse uitbetaal.

Toe die FBI sy ondersoek begin het, het hy nie ’n benul gehad hoe groot die saak sou word nie. Die verband tussen die pryswenners het al hoe minder toevallig gelyk. En kort-kort het een naam opgeduik: Uncle Jerry.

Dit blyk toe dat Jerry Jacobson, ’n oudpolisieman en die hoof van Simon Marketing se veiligheid, die middelpunt van die spulletjie is.

Vir ’n bedrog van dié omvang word heelparty medepligtiges egter benodig. Maar as genoeg dollars voor mense se neuse rondgeswaai word, is dit nie te moeilik om tot selfs 53 medepligtiges te kry nie.

Volgehoue en onortodokse ondersoekwerk het op ’n netwerk van samesweerders afgekom. Dit was van gewone mense tot sogenaamde toekomsvoorspellers, eienaars van ontkleeklubs, oudgevangenes en selfs die mafia.

McMillion$ lê die bedrog stukkie vir stukkie bloot, ook hoe die FBI-speurders dit oopgevlek het. Die verhaal word vertel by wyse van argiefmateriaal en deur die betrokkenes by die saak, FBI-agente, regters, die skuldiges en pryswenners, mense wat onwetend betrek is en die uitvoerende hoofde van McDonald’s wat self bedrieg is.

Ondanks die miljoene dollar wat daarby betrokke was, was die hofsaak nie naasteby so sensasioneel soos verwag is nie en die nuusdekking was relatief min. Dit was omdat die saak op 10 September 2001 begin het, ’n dag voor die 9/11-terreuraanval op die Twin Towers in New York, wat die nuus maande lank oorheers het.

McMillion$ lê die bedrog stukkie vir stukkie bloot, ook hoe die FBI-speurders dit oopgevlek het. Die verhaal word vertel by wyse van argiefmateriaal en deur die betrokkenes by die saak, FBI-agente, regters, die skuldiges en pryswenners, mense wat onwetend betrek is en die uitvoerende hoofde van McDonald’s wat self bedrieg is.

Die storie is so bisar – en soms ook skreeusnaaks – dat ’n mens sou dink dat dit ’n fiktiewe verhaal deur een van die wêreld se voorste misdaadskrywers is.

Meer oor:  Bedrog  |  Televisie  |  Showmax
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.