Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tv
Mila Guy maak regie-debuut met kykNET-fliek

Die aktrise Mila Guy wou lankal regie doen, maar sy het nie gedink die geleentheid sou so gou oor haar pad kom nie.

Sy het boonop die kykNET-fliek Die begin aangepak saam met haar beste vriendin, die aktrise Ansu Visser, wat nog altyd wou skryf.

Mila Guy en Ansu Visser

Dit word Sondag om 20:00 as deel van kykNET se reeks Storiefilms uitgesaai.

“Ek het in 2019 vir Ansu laat weet ek wil graag ’n fliek maak. Toe maak ons 'n kortfliek in my kombuis. Kort daarna het ek gehoor van kykNET se Storiefilms en ek het die idee aan kykNET voorgelê.”

Visser en Guy verskyn albei in die fliek, hoewel Guy ’n klein verskyning maak.

In Die begin is Jan-Hendrik en Bea gelukkig en verlief, maar daar is altyd ’n “maar” . . .

Die drama vat pos die oomblik dat Jan-Hendrik Bea wil vra om te trou.

“Dit was ’n groot leerskool om net daar in die oomblik te wees.”

Hulle het die fliek in Linden, Johannesburg, geskiet en kon werk toe stap.

Wilhelm van der Walt en Ansu Visser in ‘Die begin’.

“Dit was nogal vreemd om ewe skielik in beheer te wees. Almal vra jou wat jy dink. Dit was ’n bietjie vreemd om daarin te speel, en dit te regisseer, maar die rol is so klein dat dit nie ’n groot belemmering was nie. Jy moet regtig jou huiswerk doen. Ek het ’n paar lesse geleer, dinge wat ek volgende keer anders sal doen of verbeter,” sê Guy.

• Die ander spelers is Wilhelm van der Walt, Augusta Zietsman, Beer Adriaanse, Hanli Rolfes en Louis Minnaar.

Die begin word Sondag om 20:00 op kykNET (DStv-kanaal 144) uitgesaai.

Meer oor:  Kyknet  |  Mila Guy  |  Flieks
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.