Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tv
MultiChoice skep spesiale kanaal vir Paasfees

DStv het Maandag aangekondig dat hy ’n spesiale kanaal vir Paasfees vir kykers geskep het waarop Paasdienste en gospelmusiek uitgesaai sal word.

Dit sal op 9 April geaktiveer word en sal onder meer Paasdienste uitsaai vir Christine wat noodgedwonge vir die tyd van inperking by die huis moet bly.

Dit kom nadat Stella Ndabeni-Abrahams, minister van kommunikasie, ’n beroep in dié verband aan MultiChoice gedoen het.

Die Africa Easter Channel op DStv-kanaal 343 word in samewerking met TBN Africa geskep.

Die kanaal sal dit vir kykers moontlik maak om van 9 tot 13 April Paasfees in al sy aspekte tuis te vier.

Calvo Mawela, uitvoerende hoof van MultiChoice, sê hy voldoen graag aan die minister se versoek.

“As ’n verantwoordelike uitsaaier sorg ons graag dat geloofsgroepe steeds hul geloof tydens die staat van inperking kan uitleef.”

Gewilde gospel-kunstenaars se musiek sal ook op die kanaal gehoor kan word.

Lucky Mbiko, besturende direkteur van TBN Africa, nooi ook kykers uit om in te skakel op die spesiale Paasfees-uitsending.

Meer oor:  Dstv  |  Paasfees
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.