Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tv
MultiChoice verseker medewerkers van hul inkomste

MultiChoice het R80 miljoen opsygesit om sy werknemers en medewerkers deur die tydperk van ontwrigting weens die Covid-19-pandemie te help.

Al die akteurs, tegniese en kreatiewe personeel se salarisse sal betaal word vir produksies waaraan gewerk sou word voordat die nasionale staat van inperking afgekondig is.

“Dié versekering dat die salarisse van ons kreatiewe mense steeds betaal sal word, skep stabiliteit vir hulle en hul gesinne. Dit is noodsaaklik vir die bedryf en die regte ding om nou te doen,” lui ’n verklaring.

MultiChoice het luidens die verklaring ook onderneem om vryskutwerkers van hul inkomste te verseker vir sy SuperSport-produksies omdat sportwedstryde opgeskort is.

’n Aanlyn portaal vir onderrig word binnekort deur die MultiChoice Talent Factory beskikbaar gestel.

“Dit sal 40 000 lede in die bedryf help en aan hulle toegang gee tot aanlyn meesterklasse om sodoende hul vaardighede te slyp tydens die tyd van inperking.”

Calvo Mawela, uitvoerende hoof van die MultiChoice-groep, sê hul hoofdoelwit is om sover moontlik die inkomste van “ons kreatiewe personeel, ons akteurs en tegniese personeel te verseker”.

“Ons wil seker maak dat hulle en hul gesinne nie negatief geraak word deur die stilstand nie.”

As ’n bedryf wat staatmaak op duisende vryskut-akteurs, vervaardigers, regisseurs en kamera-operateurs, is Afrika se video-vermaakbedryf uiters kwesbaar.

Dié mense speel ’n “kernrol om kykers en gemeenskappe ingelig te hou, te vermaak en hulle in voeling met ander te hou. Dit terwyl hulle ook ’n belangrike bydrae tot die ekonomie lewer,” lui die verklaring – Saamgestel deur Laetitia Pople

Meer oor:  Multichoice
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.