Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tv
Musiekspel oor Diana gou op Netflix

’n Nuwe musiekblyspel oor die lewe van Diana, prinses van Wallis, sal opgeneem en op Netflix gewys word voordat dit in 2021 op Broadway te sien sal wees.

Die ongewone reëlings vir Diana is omdat Broadway steeds gesluit is weens die Covid-19-pandemie. ’n Speelvak van Diana sou op 31 Maart vanjaar op Broadway begin het.

Die musiekblyspel volg prins Charles se hofmakery en die egpaar se egskeiding.

“Ons is so opgewonde om ons vertoning met teatergangers te deel. Hoewel daar niks soos ’n verhoogoptrede is nie, is ons geëerd om deel te wees van die gehaltevermaak wat Netflix aan sy intekenaars wêreldwyd bied,” sê die vervaardigers.

’n Vakbond vir akteurs sê hy het ’n veiligheidsplan vir repetisies en die opname van die blyspel goedgekeur. – Reuters

Meer oor:  Netflix  |  Televisie  |  Musiekspel  |  Vermaak  |  Diana
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.