Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tv
’n Waarheid wat erger as enige storie is

Dirty John****

Met Connie Britton en Eric Bana.

Skepper: Alexander Cunningham

Raar maar waar. Dié woorde het selde ’n meer ironiese betekenis as in hierdie TV-reeks wat op ’n dokumentêre rolprent gegrond is. Skelmstreke bereik ’n ongekende hoogtepunt wanneer ’n sakevrou ’n skelm (Eric Bana as John) op die internet ontmoet en met hom trou. Hy verander haar en haar gesin se lewens in hel.

Dis moeilik om te glo dat dié verhaal waar is, veral omdat die slagoffer, Debra Newell, goed gespeel deur Connie Britton, dikwels onlogies optree. Maar die liefde is seker blind!

Jakkalsdraaie, ’n kullery en ongelooflike vermetelheid word met nugterheid en ’n ligte kopskud uitgebeeld. Die slim draaie wat John met sy nuwe vrou uitvoer en die skokonthullings sal jou vasgekluister en verbysterd hou. Dit is die soort reeks waar jy vir vriende wil vra: “Kan julle glo wat hier gebeur het?” Die binnegevegte is bloederiger as enigiets wat ’n skrywer kon uitdink.

  • Op Netflix.
Meer oor:  Connie Britton  |  Netflix
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.