Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tv
Naels kom uit in 2de episode van ‘The Bachelor’
Die vroue wag om te hoor wie almal rose kry en wie huis toe gestuur word.

Ons trek maar by die tweede episode van die Suid-Afrikaanse weergawe van die werklikheidsprogram The Bachelor op M-Net en dit wil lyk of die vroue reeds mekaar se oë wil uitkrap.

In Donderdagaand se episode was dit duidelik dat persoonlikhede al vroeg bots toe die vroue mekaar “kinderagtig” en “oneerlik” noem.

Die konflik spruit uit die kamerverdelings in die huis waar al die vroue saam woon terwyl hulle die “Bachelor”, Mark Buckner, leer ken.

Die vroue slaap in drie verskillende kamers wat in verskillende kleure versier is: een in rooi, een in pienk en een in pers. Die vroue wat saam in die pers kamer slaap, het hulself as die “luidrugtige” groep bestempel.

“In die pers kamer is ons loud en proud,” het Gretha (27), ’n naeltegnikus van Johannesburg gesê. “Ons kan intimiderend wees, maar ons sal vir niemand sê hulle kan nie deel wees van ons kliek nie.”

Die sogenaamde kliek het een van die ander deelnemers so gepla dat sy sak en pak uit die pers kamer getrek het.

“Ek kan Gretha nie hanteer nie. Sy maak my so ongemaklik en laat my wonder hoekom de f*k ek hier is,” sê Bridget (31), ’n eiendomsagent van Kaapstad. “Ek het eerlikwaar niks om vir haar te sê nie.”

Saam met Gretha is onder andere Qiniso (26), Phumzile van Damme se jonger sussie, Parushka (34), ’n rolprentregisseur van Johannesburg, en Xia (23), ’n sielkundige van Durban.

“Dit is nie net ’n kamer nie, julle. Dit is ’n beweging. ’n Lewenstyl,” het Qiniso gesê. Ná die opmerking het Bridget gesê dit voel vir haar soos hoërskool.

Dieselfde aand op die skemerkelkpartytjie het die meisies wat saam in die pers kamer slaap, besluit om net ná mekaar met Mark te gaan geselsies aanknoop sodat hulle elkeen om die beurt ’n oomblik van sy aandag kan kry.

Bridget was glad nie gelukkig daaroor nie en het gesê “as een van hulle durf waag om te sê ek het hul kollig gesteel, sal ek ’n mes uithaal en hulle daarmee steek”.

Daarop het Silke (26), ’n wiskunde-tutor van Kaapstad, gesê: “Dit is nie ’n skoolkamp nie. As ek met hom wil praat, sal ek.”

Tydens Donderdag se episode het Mark ook op twee een-tot-een-afsprake gegaan, eers saam met Pasha (27), ’n danseres van Milnerton, Kaapstad, en toe saam met Mulesa (27), ’n bemiddelaar van Oos-Londen.

“Al waaraan ek kon dink, was om haar te soen,” het Mark ná sy afspraak met Pasha gesê. Hy het haar egter nie gesoen nie omdat hy eers die ander vroue beter wou leer ken.

Toe dit tyd word om sy gunstelinge te kies, het hy rose aan die meisies uitgedeel. Toe Gretha die laaste roos kry, sê Jess R (28), ’n ontwerper van Kaapstad: “Ek weet nie presies wat Mark in Gretha sien nie. Maar hy sien duidelik iets, anders sou hy haar nie hier gehou het nie”.

“Ek dink nie Gretha het ’n konneksie met Mark nie. Ek kan hulle nie by mekaar sien nie. Ek dink wanneer sy op die skemerkelkpartytjie is, is sy ’n heel ander mens as wanneer sy in die huis is,” sê Bridget.

Mark het Xia en Tegan (31), ’n professionele tennisspeler van Pretoria, huis toe gestuur. Daar bly nou 18 vroue in die huis oor.

Die program word Donderdagaande om 19:00 op M-Net, DSTV-kanaal 101, uitgesaai.

Gretha (27), ’n naeltegnikus van Johannesburg.
Bridget (31), ’n eiendomsagent van Kaapstad.
Mulesa (27), ’n bemiddelaar van Oos-Londen, en Mark op hul alleen-afspraak.
Mark skink vir Pasha (27), ’n danser van Milnerton, ’n glas vonkelwyn op hul alleen-afspraak.

Meer oor:  The Bachelor
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.