Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tv
Natuurskoon op kassie gaan weer verstom

Natuurliefhebbers van oor die wêreld heen sal Sondagaand weer stomgeslaan wees wanneer die BBC se Planet Earth-reeks weer hervat word.

In elkeen van die vyf episodes van 30 minute in die tweede reeks, wat in ultra-hoëdefinisie geskiet is, is sir David Attenborough die verteller. Dit is oor drie jaar verfilm.

David Attenborough

Volgens die BBC was daar altesaam 117 produksie-uitstappies in 40 verskillende lande.

Elke week se episode fokus op ’n ander gebied. Die eerste episode, “Islands”, wys tonele van die natuur wat op tropiese eilande voorkom.

Volgens Mike Gunton, uitvoerende vervaardiger van die BBC se natuurgeskiedenis-eenheid, was Planet Earth die eerste reeks wat die wonders van die natuur aan kykers weergegee het en so ook sal Planet Earth 2 kykers se persepsies verander.

Planet Earth 2 is baanbrekerswerk. Die skaal en ambisie van die reeks is nie vergelykbaar nie. Hierdie reeks sal die kyker intrek en die gehoor ’n unieke perspektief gee van besonderse diere en plekke op ons planeet,” het Gunton gesê.

Volgens The Telegraph het Attenborough die BBC geprys vir die vervaardiging van die £8 miljoen-reeks, ten spyte van finansiële terugslae.

“Oomblikke soos hierdie, wanneer mense baie na aan die been moet sny om iets te vervaardig, sal die moeite werd wees op die skerm. Ek is verlig die BBC het dit belangrik geag om dieselfde soort moeite in die vervaardiging te sit as enige ander program,” het hy gesê.

In afwagting op die reeks se première, het BBC radio 1 vir die Australiese grapjas Ozzy Man Reviews, wat sy satiriese kommentaar op internet-videos plaas, gevra om sy kommentaar vir die natuurtonele in die lokprent te gee.

Meer oor:  Bbc
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.