Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tv
Neels wil nie meer op sy ‘eish’ wees
Neels van Jaarsveld Foto: kykNET

Eish! Hier is jou kans om die akteur Neels van Jaarsveld se hart te wen.

Meisies van 21 jaar en ouer kan tot 25 Desember vir kykNET se werklikheidsreeks Op my eish inskryf.

Benewens sy liefde vir toneelspeel, is Van Jaarsveld lief vir branderplankry en gholf.

Tog smag hy na nog een liefde: sy ideale pasmaat.

In Op my eish vertolk hy nie ’n rol nie. Hy is ’n doodgewone man wat graag wil liefde vind en sy lewe met iemand deel.

“Ek geniet my werk as akteur, maar ek mis ’n spesiale persoon aan my sy,” sê Van Jaarsveld in ’n verklaring.

Neels van Jaarsveld soek na ware liefde in ‘Op my eish’. Foto: kykNET

“Iemand wat die vreugdes en hartseer van die lewe met my kan deel. Iemand met wie ek die normale dinge in die lewe kan geniet, wat my kan laat lag en saam met wie ek onthou-oomblikke kan beleef.”

Die reeks van 13 episodes begin in April.

Gideon Eksteen, die regisseur, het Van Jaarsveld om dié reeks genader.

“Ek het dit met kykNET bespreek en daarna met Neels gepraat omdat hy so geliefd is en ons weet baie dames die kans sal aangryp om Neels beter te leer ken.

“Neels was baie opgewonde en het ingestem en ons het dadelik weggespring met die beplanning. Neels het baie om te bied in ’n verhouding en hy is reg om weer ware liefde te vind – dit maak hom die perfekte keuse. Hy neem die proses ernstig op – hy is gereed om sy pasmaat te vind.”

Neels is bekend om televisiereekse soos Fynskrif, Dwaalster, Waterfront, Fluiters, Bloedbroers en Vloeksteen. Op die silwerdoek was hy al te sien in flieks soos Knysna, Jagveld, Griekwastad, Poppie Nongena en ’n Man soos my Pa. Sy teaterwerk sluit in Koningin Lear, Melk & Vleis, Die garage, Op my eish, Land van Skedels, Lot en Babbel.

Eksteen het besef baie van sy bekende vriende is gereeld in die kollig, maar hulle sukkel om ware liefde te vind.

“Om in die kollig en so besig soos Neels te wees, is daar baie uitdagings en ek wou die platform skep om dit makliker te maak vir bekendes om liefde te vind en om die reis met sy aanhangers te deel.”

Die reeks fokus op die lewe van ’n bekende persoonlikheid en word verfilm in die omgewing waar Van Jaarsveld woon.

“Hier sal hy dames op opwindende afsprake neem om elkeen beter te leer ken om aan die einde van die reeks die liefde van sy lewe te vind.”

Van Jaarsveld sê hy is op ’n plek in sy lewe waar hy ernstig daaroor is om liefde te vind.

Op my eish is ’n nuwe hoofstuk in my lewe, ’n magiese avontuur, ’n tuimeltrein met die moontlike hoop van liefde en ’n boodskap wat bars van positiwiteit.”

Inskrywings sluit op 25 Desember.

Besoek kyknet.dstv.com om in te skryf.

’n Paar van Van Jaarsveld se gunstelinge:

Kleur: Blou

Kos: Beeshaas

Dier: Luiperd

Reisbestemming: Krugerwildtuin, Rome en Zanzibar

Musiekgroep: Fleetwood Mac en Fokofpolisiekar

Boek: Still Life with Woodpecker deur Tom Robbins

Stokperdjies: intelligente gesprekke, poësie, gholf en branderplankry

Fliek: Birdman

Aanhaling: ‘Be yourself, everyone else is already taken’

Meer oor:  Neels Van Jaarsveld
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.