Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tv
Netflix bult sy spiere op 1ste aand van Saftas

Die stromingsdiens Netflix het Vrydagaand met 14 pryse sy spiere by die 15de Saftas-prysuitdeling gebult.

Die Netflix-reekse Agent (wat een Safta gewen het), Blood & Water (twee), How to Ruin Christmas: The Wedding (ses) en Queen Sono (een) het in die TV-kategorie koning gekraai, terwyl die stromingsdiens se dramarolprent Riding With Sugar in die rolprentkategorie die pryse vir beste kinematografie, asook klank-, kostuum- en produksie-ontwerp ingekatrol het.

Die Saftas, wat oudergewoonte weer die beste plaaslike rolprent en TV-inhoud in die voorafgaande jaar bekroon, is vanjaar met ’n kinkel deur die Nasionale Rolprent-en-video-stigting (NFVF) aangebied.

Vrydagaand se seremonie het nie net vanjaar weens die Covid-19-pandemie geheel en al aanlyn plaasgevind nie, maar die toekenningsgeleentheid word vanjaar oor twee opeenvolgende aande uitgedeel.

Die Tussen ons-aanbieder Tracey Lange en die komediant en satirikus Coconut Kelz het Vrydagaand se verrigtinge behartig en die wenners aangekondig; Saterdagaand neem Dineo Langa, Mpho Popps en Graeme Richards by hulle oor.

Benewens Netflix se oorheersing het die M-Net-reekse The River en Legacy elk vier pryse gewen, terwyl die dokumentêre rolprente How to Steal a Country en Chasing the Sun met onderskeidelik drie en twee Saftas die enigste ander pryswenners is wat meer as een prys kon wen.

kykNET is ook met ’n sak vol pryse huis toe: Etienne Fourie en Elanie Rupping is bekroon vir hul regie van die drama Tydelike terminaal; Andries Smit het ’n Safta gewen vir die rolprent Toorbos se klankbaan; Republiek van Zoid Afrika is as die beste verskeidenheidsprogram aangewys en Maak my famous – Showcase as die beste vermaakprogram; Hoor my, sien my, soen my het die Safta vir beste program met ’n internasionale formaat gewen, en die sepie Binnelanders se span regisseurs, onder andere die ontslape Gerrit Schoonhoven, het ’n kopknik vir hul regie gekry.

Die Netwerk24-sepie Duiwelspoort moes in die kategorie vir beste aanlyn inhoud die knie voor The Adventures of Noko Mashaba – Lockdown Shandis buig.

Hier is Vrydagaand se volledige wennerslys:

TV

  • Beste regie (telenovela): Gomora
  • Beste regie (sepie): Binnelanders
  • Beste teks (telenovela): The River
  • Beste teks (sepie): Scandal!
  • Beste oorspronklike klankbaan (telenovela): The River
  • Beste redigering (telenovela): The River
  • Beste klank (sepie/telenovela): The River
  • Beste kinematografie (telenovela): Legacy
  • Beste kostuums (sepie/telenovela): Legacy
  • Beste grimering en haarstilering (sepie/telenovela): Legacy
  • Beste kunsregie (sepie/telenovela): Legacy
  • Beste regie (drama): Tydelike terminaal
  • Beste teks (drama): Housekeepers
  • Beste redigering (drama): Still Breathing
  • Beste klank (drama): Blood & Water
  • Beste oorspronklike klankbaan (drama): Lockdown
  • Beste kunsregie (drama): Agent
  • Beste kostuums (drama): Queen Sono
  • Beste grimering en haarstilering (drama): Trackers
  • Beste kinematografie (drama): Blood & Water
  • Beste teks (komedie): Black Tax
  • Beste redigering (komedie): How to Ruin Christmas: The Wedding
  • Beste klank (komedie): How to Ruin Christmas: The Wedding
  • Beste kunsregie (komedie): How to Ruin Christmas: The Wedding
  • Beste kostuums (komedie): How to Ruin Christmas: The Wedding
  • Beste grimering en haarstilering (komedie): How to Ruin Christmas: The Wedding
  • Beste kinematografie (komedie): How to Ruin Christmas: The Wedding
  • Beste regie (komedie): The Riviera
  • Beste TV-dokumentêr: Chasing the Sun
  • Beste kinematografie (dokumentêr): Chasing the Sun
  • Beste kinderprogram: Takalani Sesame
  • Beste kompetisie-werklikheidsreeks: Celebrity Mystery Box
  • Beste gestruktureerde of dokumentêre werklikheidsreeks: Pale Ya Kosa
  • Beste gestruktureerde werklikheidsreeks (sepie): Life with Kelly Khumalo
  • Beste program met ’n internasionale formaat: Hoor my, sien my, soen my
  • Beste opvoedkundige program: Made in SA
  • Beste dokumentêre program: The Devi Show
  • Beste aktuele program: Carte Blanche: Women’s Month Special
  • Beste verskeidenheidsprogram: Republiek van Zoid Afrika
  • Beste jeugprogram: Africa’s Biggest Brags
  • Beste vermaakprogram: Maak my famous – Showcase
  • Beste leefstylprogram: Come Again
  • Beste TV-fliek: Loving Thokoza
  • Beste aanlyn inhoud: The Adventures of Noko Mashaba – Lockdown Shandis

Rolprente

  • Beste studenterolprent: Fowl Goblin
  • Beste kortprent: Address Unknown
  • Beste regie (dokumentêr): How to Steal a Country
  • Beste redigering (dokumentêr): How to Steal a Country
  • Beste klank (dokumentêr): How to Steal a Country
  • Beste kortprent (dokumentêr): Lindela Under Lockdown
  • Beste kinematografie: Riding With Sugar
  • Beste klankontwerp: Riding With Sugar
  • Beste oorspronklike klankbaan: Toorbos
  • Beste redigering: Griekwastad
  • Beste produksie-ontwerp: Riding With Sugar
  • Beste kostuumontwerp: Riding With Sugar
  • Beste grimering en haarstilering: Triggered

Die Saftas gaan Saterdag om 19:00 voort. Dit sal regstreeks op Mzansi Magic (DStv-kanaal 161) en op S3 (SABC3 se nuwe naam) uitgesaai word.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.