Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tv
Nog moord en gruwels wag in nuwe ‘Arendsvlei’
Crystal Donna Roberts in ’n toneel uit die gewilde telenovela Arendsvlei.

Gaan Wendy Newman dan nou werklikwaar met moord wegkom? Arendsvlei, die gewilde dramareeks en kykNET se eerste Afrikaanse telenovela, is vir nog ’n seisoen verleng.

Beatrice Abrahams en die leerlinge van siw Hoërskool Arendsvlei is gereed om nóg drama na die kassie te bring.

Ná die eerste seisoen is Wendy steeds op vrye voet, terwyl die hele Arendsvlei in rep en roer is oor David Abrahams se vermeende moordenaar. Van Beatrice se inhegtenisneming tot Wesley se poging om sy eie lewe te neem – Arendsvlei-kykers het alles gesien of het hulle?

In die nuwe seisoen word Janice se broer, Steve Mortlock, vrygelaat – en die hele Arendsvlei word omgekeer. David se lang verlore seun, Nathan, maak ook ’n verskyning terwyl Chantel se pa onverwags aan hul deur kom klop.

Nóg ’n moord, ’n verlowing en verneukery wag op kykers.

Die spelers is Jolene Martin (Beatrice), Melanie Du Bois (Rolene), Rehane Abrahams (Wendy), Crystal Donna Roberts (Janice), Sherman Pharo (Thys), Ann Juries (Claudia), Jody Abrahams (Lionel), Celeste Matthews (Gertie), Craig Adriaanse (Wesley), Gerwen Simon (Valdonia) en Roberto Kyle (LeeRoy).

En ’n paar bekende gesigte keer ook terug na die kassie. Danny Ross (Nathan), Maurice Carpede (Riedwaan) en selfs Shaleen Surtie-Richards (Muriel) maak ’n draai om die rol van Lionel se ma te speel. Kykers kan ook nuwe gesigte verwag.

Penguin Films is die vervaardigers.

Arendsvlei word elke Maandag tot Woensdag op kykNET & kie, DStv-kanaal 145 om 20:00 uitgesaai.

Meer oor:  Televisie  |  Arendsvlei
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.