Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tv
‘Noot vir noot’ is groot jol vir Emo

Oh my word, die tweede reeks was ’n jol van die begin tot die einde.”

So sê Emo Adams nadat die tweede reeks van die gewilde SABC 2-musiekspeletjiesprogram Noot vir noot met hom as aanbieder Donderdag begin het.

Noot vir noot
Emo Adams en Rochelle de Bruyn. Foto: Stemmburg TV

Adams kan nie uitgepraat raak oor dié rol nie.

Johan Stemmet was voorheen die aanbieder en hy is deesdae die regisseur.

“Net op die eerste episode (van die huidige reeks) was die terugvoering fantasties,” sê Adams.

“Ek kan nou al sê dit word net beter, so jy gaan nie net jou eie kennis toets nie, jy gaan ook fun hê, jy gaan lekker lag en boonop is ons gaskunstenaars se optredes uit die boonste rakke. Daar is regtig ietsie vir almal.”

Rochelle du Bruyn, ook bekend as DJ Shelly, maak musiek sedert Adams die aanbieder is.

“Almal – van die crew tot die deelnemers – het ’n goeie tyd gehad,” sê Adams.

“Ek dink dit het gehelp om te weet die ergste is verby en ons het nou die formule onder die knie. Ek en Johan en die produksiespan het ’n lekker ete ná elke opname, so hy is nog baie involved en ek LOVE dit, coz he is a very good leader en met dit laat hy my toe om ook te explore.”

Adams glo die veranderinge in die nuwe reeks is so gering dat kykers dit kwalik sal opmerk.

“Maar daar is klein tweaks hier en daar, wat die kyker net ’n sense of comfort gee. Ek dink noudat ons weet wat die ritme van die show moet wees, sal die kyker kan sien daar is ’n sterk fokus op die speletjies, maar ons het ook oomblikke waar ons net die moment enjoy.”

Adams wat as kind in die musiekspel District 6: The Musical van David Kramer en Taliep Petersen opgetree het, reken sy musiekkennis het op die stel van Noot vir noot verbreed.

“Ek is ’n ou siel so ek het baie groot waardering vir ol’ school classics. Ek love die nuwe musiek en my kennis het bietjie verbeter, maar daar is iets aan die ou musiek that will always be timeless.”

* Noot vir noot word Donderdae om 19:30 op SABC 2 (DStv-kanaal 192) uitgesaai.

Meer oor:  Sabc2  |  Johan Stemmet  |  Emo Adams  |  Noot Vir Noot  |  Televisie  |  Aanbieder
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.