Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tv
‘Noot vir Noot’ kry splinternuwe baadjie!

Johan Stemmet, skepper en jare lange aanbieder van Noot vir Noot, sê hy is ná 29 jaar gereed om die leisels van dié gewilde musiekspeletjieprogram aan Emo Adams oor te gee, wat hy as “perfek vir die program” beskryf.

Johan Stemmet, skepper en jare lange aanbieder van Noot vir Noot.

“Elke dag in die lewe is daar verandering en vernuwing en so het dit ook gekom dat Noot vir Noot nou ’n splinternuwe en byderwetse baadjie aantrek,” het die 67-jarige Stemmet Donderdag na dié aankondiging van die nuwe aanbieder aan Netwerk24 gesê.

Adams is ’n gewilde sanger en TV-aanbieder wat sy buiging in die musiekblyspele van die legendariese Taliep Petersen gemaak het. Hy was ook onder meer in die musiekblyspel Distrik 6 en Kat & The Kings te sien.

“Vir die 44ste seisoen van Noot vir Noot gaan ons die orkes, die Musiekfabriek, vervang met DJ Shelly (Rochelle de Bruyn) wat ’n meer lewenslustige en jonger aanslag gaan hê. Nie net is sy briljant op die keyboard nie, maar sy gaan Emo as die aanbieder mooi aanvul. Ek kan nie wag om die interaksie tussen die twee te sien nie!”

Stemmet sê Adams is die volmaakte keuse vir Noot vir Noot.

Emo Adams is die nuwe aanbieder van die gewilde musiekspeletjieprogram op SABC2.

“Emo is nie net ’n wonderlike sanger en talentvolle komediant nie, maar het ook waardevolle ondervinding van die verhoog en is iemand wat deur gehore gerespekteer word.”

Volgens Stemmet, wat as vervaardiger by die program betrokke gaan bly, word daar nie wegbeweeg van die bestaande gehoor nie, maar sal daar van vars elemente soos ’n nuwe stel, formaat en aanbieding gebruik gemaak word om ’n nuwe en jonger gehoor aan Noot vir Noot bekend te stel.

“Die musiekspeletjies, wat die grondslag van die program se jare lange sukses is, bly dieselfde,” sê Stemmet.

Episodes vir die nuwe seisoen word in Mei opgeneem en sal na verwagting in Augustus op SABC2 te sien wees.

“Ek is oortuig daarvan dat Noot vir Noot met dié vernuwing en verandering nuwe hoogtes gaan bereik.”

* Emo Adams was Donderdag, ná die aankondiging dat hy by Stemmet as aanbieder oorneem, oorval met oproepe, maar het nogtans belowe om in ’n latere stadium aan Netwerk24 kommentaar te gee.

Meer oor:  Johan Stemmet  |  Emo Adams  |  Noot Vir Noot  |  Realiteitsreeks  |  Tv  |  Vermaak
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.