Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tv
Nuuskierige grieselgeeste in grillerreeks se spookhuis

Locke & Key 

***

Met Connor Jessup en Emilia Jones.

Skeppers: Meredith Averill, Aron Eli Coleite en Carlton Cuse.

Hierdie grillerreeks laat die soeklig opnuut op spookhuise val. “Gaap, gaap,” kreun jy seker. “Wat maak dit so anders?” Die feit dat die “spoke” (soos in die rolprent Us,) alter ego’s van die hoofkarakters is wat in ’n alternatiewe dimensie in spieëls woon. Ook dat ’n diep put vir meer as waterskep gebruik kan word. En dat ’n sleutel nie net in ’n deur kan pas nie!

So ver, soveel Stranger Things. Maar hierdie karakters is anders. Hulle is nie so eksentriek soos daardie bekende reeks nie, alhoewel die dinge wat met hulle gebeur soms lekker vreesaanjaend is.

Dit beteken egter nie jy hoef vir kleinboet of -sus (jonger as 13) te verbied om te kyk nie. Dit gaan juis oor jong mense, hul stryd om in ’n nuwe skool aan te pas en hul pa se dood te verwerk. Maar hoe kan karakters met hul lewens voortgaan as hulle daagliks voel hoe grieselgeeste hulle nuuskierig dophou?

Die groot trekpleister is natuurlik die spookhuis – amper soos The House with a Clock in its Walls waar elke vertrek, kas en spieël ’n bedreiging inhou.

Maar dit is ook ’n komkommerkoel reeks vir TV-verslaafdes.

Jy hoef nie moeite daarvoor te doen nie. Dit is effens bo die gemiddelde. Dit laat jou glo dat daar ’n ander dimensie reg langs hierdie een is waarin ’n mens vir ewig kan verdwyn.

Dit is ook, tipies van Netflix-reekse met goeie produksiewaarde, seepglad geregisseer en met ’n kommersialiteit wat jou sal laat terugkeer vir nog episodes.

  • Op Netflix.
Meer oor:  Locke & Key
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.