Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tv
Nuwe kykNET-drama begin Oktober

Ná dertien jaar van onopgeloste raaisels verskyn ’n ou reeksmoordenaar weer in ’n klein spookdorpie tussen die hange van die Oos-Kaap. In dié dorp, Digtersdal, moet ’n speurder en ’n joernalis al die ou wonde oopkrap om die reeksmoordenaar op te spoor.

Terselfdertyd is daar ook drie dorpskinders wat hom wil vastrek en familie-intriges ontwikkel soos almal die spoke van die verlede wil besweer. Daarby vernietig dit Werner Malan (Deon Coetzee) se planne om die dorp in ’n vakansieparadys te ontwikkel.

Amalia Uys Foto: Gallo Images

Die nuwe kykNET-drama, Spoorloos, spog met ’n sterbelaaide rolverdeling. Dit sal Dinsdagaande van Oktober af op die kassie wees.

Die reeks se draaiboek, gegrond op die boek Daddy Long Legs deur die Suid-Afrikaanse skrywer Vernon Baumann, is geskryf deur Ilse van Hemert en sy was ook mede-regisseur met André Odendaal.

Die rolverdeling word deur ’n paar veteraanakteurs en nuwe gesigte voltooi in die reeks wat in Cradock in die Karoo verfilm is. Die dorp en al sy inwoners dien as agtergrond vir die nuwe reeks.

Coetzee is sakeman en politikus en sy vrou Angelique word vertolk deur Catriona Andrew.

Francois Jacobs is hul seun, Junior, en hy is getroud met Lara (Amalia Uys). Lara het ’n 12-jarige seun, Jan-Gustav, wat vertolk word deur Neil Slabbert.

Verder bestaan die rolverdeling uit Ludwig Binge, Wilmien Rossouw, Zane Meas, Charl Fleurs, Eric Bouwer, Kim Lategan, Hannes van Wyk, Morné Visser, Lizz Meiring en Elsabe Daneel.

*Spoorloos begin 9 Oktober om 20:00 op DSTV-kanaal 114.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.