Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tv
Nuwe reeks kan dalk jou eetplek help

Is jy en jou eetplek dalk lus vir iets opwindends?

Dan is die splinternuwe realiteitsreeks In die sop: Restaurant evolusie, wat eersdaags op kykNET te sien sal wees, dalk net die ding vir jou. kykNET soek deelnemers vir dié nuwe realiteitsreeks.

Die doel is om restaurante te help wat die afgelope jaar sukkel omdat die ekonomie wêreldwyd ’n groot knou gekry het.

“Een van die bedrywe wat seker die hardste getref is, is die restaurantbedryf. Is dit net die pandemie en ekonomie? Het dit nie dalk ook te doen met swak diens, verouderde spyskaarte en oninspirerende dekor nie? Eienaars doen dalk hul bes, maar aan die einde van die maand wil die boeke net nie klop nie,” lui kykNET se verklaring.

Goeie nuus

Indien jy ’n eienaar van ’n eetplek – of dit nou ’n koskaravaan, ’n fynproe- of familierestaurant is – en op jou knieë is, is hier goeie nuus.

Jy kan nou inskryf vir In die sop: Restaurant evolusie. Slegs tien restaurante sal gekies word om deel van hierdie opwindende en unieke program te wees.

Bertus Basson, bekroonde supersjef, is die aanbieder en hy word deur ’n span deskundiges bygestaan.

Basson is in die Kaap gebore, maar het in die noorde van die land grootgeword. Hy het van ’n baie jong ouderdom af reeds sy ma in die kombuis begin help en het op 17 met ’n loopbaan in die kosbedryf begin.

Eienaar en sjef van 5 restaurante

Op 19 is hy Londen toe waar hy onder meer vir die Michelin-bekroonde Chez Bruce gewerk het. Ná sy terugkeer na Suid-Afrika is hy met verskeie pryse vereer waaronder die Eat Out San Pellegrino & Acqua Panna-sjef van die paar in 2019. Bertus is die eienaar en sjef van vyf restaurante in en om Stellenbosch.

“Ek het al groot sukses behaal, maar oor die jare heen ook baie foute gemaak en duur lesse geleer. Nou wil ek graag daardie insigte met ander restauranteienaars deel,” sê hy.

• Om in te skryf, gaan na kyknet.tv vir meer inligting of stuur ’n e-pos aan inskryf@indiesop.tv met jou kontakbesonderhede, adres en ’n kort paragraaf oor jou situasie en hoekom jy dink jy een van dié moet wees wat gekies word. Daar word ook foto’s van jou en jou restaurant benodig.

Die sluitingsdatum vir inskrywings is 14 Maart.

Meer oor:  Kyknet  |  Bertus Basson  |  Realiteitsreeks  |  Tv-Reeks
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.