Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tv
Nuwe reeks speel in hoërskool in Kaap af

’n Hele jaar lank gaan kykers kan deel in die lief en leed van die Hoërskool Arendsvlei. As die naam van die skool nie ’n klokkie lui nie, is dit omdat dit ’n fiktiewe en onafhanklike skool in die noordelike stadsgebiede van Kaapstad is.

Van 1 Oktober vanjaar sal Arendsvlei (’n telenovelle) van Maandag tot Woensdag op kykNET & kie (DStv-kanaal 145) te sien wees. Daar is 156 episodes en die reeks loop tot in September 2019.

Die akteurs wat in Arendsvlei te sien sal wees.

Die room van plaaslike akteurs maak hul verskyning in die reeks. Dit sluit in Oscar Petersen (Joe Barber) as David, Jody Abrahams (Fishy Feshuns, Four Corners) as Lionel, Rehane Abrahams (Die Allemans) as Wendy, Crystal-Donna Roberts (Mense Mense, Krotoa) as Janice en Melanie Du Bois (7de Laan) as Ronel.

Die skoolhoof Beatrice, vertolk deur Joelene Martin, het die skool gestig om vir die kinders in die gemeenskap ’n goeie opvoeding teen ’n bekostigbare prys te bied. Dis ’n projek na aan haar hart wat moontlik gemaak is deur erfgeld ná haar pa se dood.

In ’n mediaverklaring word gemeld dat daar meer as net liefde vir die onderwys en skoolure te sien sal wees. Aangesien almal in Arendsvlei nie goeie bedoelings het nie, kan daar uitgesien word na verbode liefde, skuld, skandale, liefdesdriehoeke, passie en selfs moord.

Volgens Roberta Durrant, kreatiewe vervaardiger, is die storielyne universeel en word daar gefokus op familie. Dis die storie van ’n broer en suster wat ’n verskil wil maak in die gemeenskap, maar hul lewe word ná ’n skietvoorval onherroeplik verander.

Volgens die skrywer Theltom Masimila is die storie en taalgebruik gemaklik en eie aan die mense wie se stories vertel word. Hy glo die karakters gaan gou by kykers se harte inkruip.

Arendsvlei sal Maandag tot Woensdag om 20:00 te sien wees.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.