Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tv
Nuwe reeks van ‘Boer soek 'n vrou’ begin later

Die 13de seisoen van die werklikheidsreeks Boer soek ’n vrou op kykNET gaan weens die inperking nie vanjaar begin nie.

Normaalweg word die reeks van Oktober tot Januarie uitgesaai, maar sal nou eers vroeg in Januarie 2021 begin.

Marciel Hopkins, die nuwe aanbieder van die werklikheidsreeks ‘Boer soek ’n vrou’. Foto: Verskaf

“Kykers kan die boere se liefdesreis steeds getrou volg wanneer die eerste episode op 21 Januarie uitgesaai word,” sê Wilmer Muller, woordvoerder van die reeks.

Hoewel die reeks later as gewoonlik begin, sal dit steeds 13 episodes hê en sal soos gewoonlik op die vyf boere fokus wat die meeste inskrywings ontvang het.

“Die vervaardigers, in samewerking met kykNET, moes met vindingryke idees vir die skiet van die produksie vorendag kom,” sê Muller.

Waar voornemende pasmaats handafgelewerde briewe of pakkies vir die boere kon stuur, sal slegs digitale inskrywings en video’s nou aanvaar word.

“Ons is seker dit gaan oorloop van kreatiwiteit, veral by diegene wat ’n oog op een van die boere het,” sê Muller.

Hy sê maatreëls is getref om die veiligheid en gesondheid van die deelnemers en die produksiespan te verseker.

Foto: Verskaf

Marciel Hopkins, aanbieder van dié reeks, sê sy is opgewonde en sien uit om die tien boere te ontmoet en aan die publiek voor te stel.

“Ek is so dankbaar die tyd het uiteindelik aangebreek om met die reeks te begin. Ek sien al so lank uit na die verfilming van die nuwe seisoen,” sê Hopkins.

Sy sê Boer soek ’n vrou bied ’n wonderlike geleentheid aan alle enkellopendes om nuwe mense te ontmoet wat hulle nie in die inperking sou kon doen nie.

Kykers kan op 19 Julie om 20:00 op kykNET inskakel om die tien boere te ontmoet.

Inskrywings vir pasmaats sal ná dié episode open.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.