Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tv
‘Ontbytsake’ huldig Shaleen

Die aktrise Shaleen Surtie-Richards sou Saterdag as gas op die kykNET-joernaalprogram Ontbytsake verskyn het.

Nadat sy Maandag dood in ’n gastehuis in Kaapstad gevind is, het Ontbytsake se produksiespan besluit om hulde aan haar te bring deur uittreksels saam te stel van die vorige ses kere wat sy in die ateljee gekuier het.

Shaleen Surtie-Richards

“Ons harte is baie seer; dit is so ’n groot skok,” sê Maderi Louw-Van Blerk, produksiebestuurder.

“Ons moes dringend aan ’n plan dink. Ons het gevoel ons kan haar nie vervang nie. Toe besluit ons op ’n huldeblyk.”

Benewens vorige onderhoude bestaan dit onder meer uit uittreksels van die sepie Egoli: plek van goud, die fliek Fiela se kind en die joernaalprogram VeranderDinge.

Die aktrises Lizz Meiring, Vinette Ebrahim en Kim Cloete, die voormalige vermaakjoernalis Gavin Prins en die rolprentresensent Leon van Nierop praat oor haar.

Ontbytsake word Saterdae om 07:30 op kykNET (DStv-kanaal 144) uitgesaai.

Ontbytsake
Dawie Roodt en Shaleen Surtie-Richards.
Ontbytsake
Eloise Cupido en Shaleen Surtie-Richards.
Meer oor:  Kyknet  |  Shaleen Surtie-Richards  |  Televisie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.