Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tv
Ontmoet die nuwe aanbieder van ‘La’t wiel’

Hoewel hy nie sy droommotor, ’n Bentley GT, besit nie, was Weza Matomane, nuwe aanbieder van die kykNET-motorprogram La’t wiel, van kleins af gaande oor motors.

“Ek was seker vyf of ses toe ek al vir my ouers die name opgenoem het van voertuie wat in ’n ry geparkeer was. Hulle was so beïndruk dat ek daardie dag ’n roomys gekry het . . .”

Weza Matomane, nuwe aanbieder van ‘La’t wiel’. Foto: kykNET

Matomane (28) is in die ateljee terwyl Waldo de Waal en Hannes Visser nuwe motors uittoets.

Hy het onlangs die nuwe Toyota Fortuner bestuur.

“En die vooraf huiswerk help ’n mens om werklik agter te kom wat is intussen verbeter. Soms verander dinge nie drasties nie. My kennis is nie so groot soos dié van die twee gesoute aanbieders nie.”

Matomane, wat in Vanderbijlpark grootgeword het, het as student besef hy wil ’n aanbieder word.

“Ek het begin deur chemiese ingenieurswese aan die Universiteit van Pretoria (UP) te studeer, maar toe besef ek wil as aanbieder werk. Dit was destyds ’n moeilike oorgang. Ek het iemand met ’n kamera gesien en gevra kom ons pak ’n projek saam aan. Dit is egter nooit uitgesaai nie. Ons het dit vir onsself gedoen. Ons het dit The Coolest Big Events genoem en met bekendes by geleenthede onderhoude gevoer.”

Hy het eendag in ’n klas opgedaag en iemand vra hom toe waar hy vandaan kom, en hy sê: “FNB. How can we help you?”

“Toe hoor ek ek moet ’n stemkunstenaar word – ek het nie eens geweet wat dit is nie.”

Maar sedertdien is hy gefassineer deur dié kunsvorm.

“Ek het byvoorbeeld op die ingewing iets op ’n bord in ’n groentewinkel gelees en my stemtoon het my ma en my tannie geskok. Hulle het gedink ek klink soos die radio . . . Ek was natuurlik die soort kind wat my ouers gereeld oor die foon ge-prank het.

“Al daardie goed was voorbereiding vir dit wat ek vandag doen. Ek was ’n seremoniemeester vir Sun International en later ander plekke.”

Hy het ook ambassadeur van Dial Direct se handelsnaam geword.

“Ek is nog ’n jong laaitie in die game, maar dis opwindend. Die senuwees pla minder.”

La’t wiel word Dinsdae om 17:30 op kykNET (DStv-kanaal 144) uitgesaai.

Meer oor:  Kyknet  |  Weza Matomane  |  La't Wiel  |  Televisie  |  Motors
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.