Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tv
Op die TV-verhoog: Benedict lewer topvertoning as Hamlet

Hamlet. Met Benedict Cumberbatch en Sian Brooke. Regisseur: Lyndsey Turner *****

Benedict Cumberbatch
Benedict Cumberbatch

Benedict Cumberbatch (ons ken hom ongelukkig hoofsaaklik as rolprentakteur in rolle wat hy seker lag-lag uit sy mou skud) het seker al elke moontlike toneelspelprys verower. Hy word saam met legendariese akteurs soos (om maar een te noem) Laurence Olivier, beskou as die beste Hamlet ooit op die verhoog.

Die storie is welbekend dat Daniel Day-Lewis tydens ’n opvoering van Hamlet, waar die edelman deur sy pa se spook gekonfronteer word, in trane uitgebars het en van die verhoog afgeloop het. Hy het nooit weer teruggegaan planke toe nie. Hamlet is seer sekerlik een van die heel moeilikste rolle wat ooit geskryf is om te speel.

In hierdie produksie, wat op die National Theatre se webtuiste gestroom kan word, het jy nou die kans om vir ongeveer R199 te kyk na hoe Cumberbatch korte mette van hierdie rol maak.

Hoogtepunte sluit in die swaardgeveg tot die dood met Laertes, waarna Hamlet voordat hy sterf sy oom, Claudius (Ciarán Hinds), wat met sy ma getroud is, doodsteek. Ook die toneel waar Ophelia (Sian Brooke), wat op Hamlet verlief is, in ’n oomblik van waansin haar eie lewe neem.

Dis nie aldag dat ’n mens die voorreg het om meesterlike teater van hierdie formaat in jou voorhuis te sien nie, met ’n toprolverdeling wat ook insluit Leo Bill as Horatio en Anastasia Hille as Gertrude. Jy kan die stuk uit 2015 nou op die National Theatre se webwerf stroom.

  • Gaan na www.ntathome.com/products en klik op Hamlet. Jy moet betaal om dit te sien.
Meer oor:  Benedict Cumberbatch
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.