Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tv
Op TV: Niks verder met Madeleine se verdwyning

The Disappearance of Madeleine McCann 

***

Hierdie dokumentêr gaan oor die ontvoering/verdwyning van ’n amper vierjarige dogtertjie in 2007 in Portugal.

 Madeleine McCann
Die dokumentêr The Disappearance of Madeleine McCann sl jou dalk ontstel en laat wonder en jou noop om tot jou eie gevolgtrekkings te kom.

Die gebeure is welbekend. Haar ouers, Kate en Gerry McCann, het in Portugal se Praia da Luz gaan vakansie hou. Hulle het hul drie kinders, onder wie Made­leine, in hul vakansiewoonstel gelaat en gaan eet.

Sy het gedurende die ete uit die kamer verdwyn en is nooit weer gevind nie.

Die dokumentêr kyk, dikwels met verbystering, soms op dramatiese wyse, na die verskillende en selfs skrikwekkende teorieë.

Vir lesers wat die saak in die media gevolg het, is daar nie juis nuwe wendings of verrassings nie. Daar is terloops, volgens die internet, tans nuwe leidrade wat gevolg word. Maar in hierdie dokumentêr val die klem veral op die ouers se vrugtelose soektog en die foltering wat hulle moes deurmaak.

Dieselfde inligting word dalk te dikwels in die dokumentêr herhaal en geen oplossing word gebied nie, want niemand weet wat gebeur het nie. Die McCanns het geweier om deel te wees van dié dokumentêr, dus is daar geen nuwe lig uit hul oogpunt nie.

Die ontstellendste tonele, naas die moontlike ontvoering, fokus op die feit dat die polisie selfs die ouers verdink het. Die ondervraging waaraan hulle onderwerp is, is skrikwekkend. Ook die trauma waardeur dit hulle geplaas het.

Hierdie dokumentêr, wat jou dalk sal ontstel en laat wonder, sal jou noop om tot jou eie gevolgtrekkings te kom.

Die uiteindelik slotsom is dat die ouers nooit sal opgee nie. En bly die tergende vraag: Wat het van die dogtertjie geword?

  • Op Netflix.
Meer oor:  Madeleine Mccann  |  Televisie  |  Dokumentêr
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.