Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tv
‘Pasella’ kry huldeblyk-seisoen nadat SAUK dit staak
pasella
Die span by die Hoërskool Hottentots-Holland in Somerset Wes. Agter van links is Suzanne Sterley (regie), Lucky Ncube (kamera), en Rolani Charzen, die klankman. Voor is Tracey Lange en Vicky Davis.

Die SAUK het Pasella ná meer as twee dekades gekanselleer en beplan ’n huldeblyk-seisoen met ’n reuse-afskeidspartytjie vanaf Januarie 2022.

Dié aankondiging vorm deel van die SAUK se herstruktureringsplan om ou programme te vervang.

Dit is volgens Vicky Davis, een van die jare lange aanbieders en inhoudskeppers, nie die eerste keer dat dié program deur so ’n soort kansellasie is nie. Nadat die program in 2013 gekanselleer is, is Pasella ná een of twee seisoene teruggebring.

“Hierdie keer is dit egter finaal.”

Sy beskryf die laaste seisoen, wat vroeg volgende jaar te sien is, as ’n soort huldeblyk vir Pasella, met ’n terugblik van die afgelope 23 jaar.

“Dit is ’n nostalgiese ervaring wat ’n kringloop voltooi.”

Davis is al 13 jaar aan en af betrokke by die program en het nou weer aangesluit, spesiaal om die laaste twee seisoene te doen.

Vicky Davis by haar en Jo-Ann Strauss se hoërskool-skoolhoof, Steve Roux.

“Dit is natuurlik hartseer, maar dit is maar die aard van die bedryf en ’n mens moet aanpasbaar bly.”

Die seisoen wat tans op die kassie is, is nog “die gewone Pasella met lekker insetsels”.

Simoné Ross, die hoofvervaardiger, het baie respek vir die program, sê Davis, en die produksiespanne wat sy saamgestel het vir die laaste twee seisoene is met sorg gekies.

“Dit is almal mense wat in hierdie 23 jaar baie betrokke was, soos Mandie Barnard en Jana du Birch (inhoud), Carlize Pieterse (produksie), Annelu Jordaan (redigering) en ook Suzanne Sterley (regisseur).”

Davis se hoogtepunt van die finale seisoen is dat sy, Jo-Ann Strauss en Tracey Lange (almal voormalige aanbieders) almal in dieselfde hoërskool, die Hottentots-Holland Hoërskool in Somerset-Wes, was en hulle die skool saam weer gaan besoek het.

“(Jo-Ann was in 1999 hoofmeisie en ek was toe in st. 9) en sy het Mej. HHH gewen die jaar en ek was tweede. Tracey was ’n standerdsessie in die gehoor daardie aand!”

Vir Davis, wat in 2008 by Pasella begin het toe sy klaargemaak het met haar rol as Tessa in 7de Laan, is dié program ’n integrale deel van wie sy is.

Op stel saam met Karlien van Jaarsveld en haar kroos.

Van haar gunstelingstories sluit in haar onderhoud met Desmond Tutu in die tyd wat oudpres. Nelson Mandela oorlede is.

’n Onderhoud met David Hasselhoff en reisverhale na plattelandse dorpies soos Villiers in die Vrystaat, haar pa se grootword-dorp, tel ook onder haar hoogtepunte.

“Ek onthou spesifiek ’n leeuplaas op Heilbron. Die eienaar het ’n makkerige leeuwyfie gehad wat die hele aand op my skoot gelê het. Sy het selfs die aand in my bed geslaap. My doodgeskrik die volgende oggend!

Vicky Davis op die stel van ‘7de Laan’ as deel van ‘Pasella' se eerste episode van die laaste seisoen.

Meer oor:  Pasella  |  Sauk
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.