Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tv
Patricia Arquette onherkenbaar in tronkdrama
Patricia Arquette as Tilly Mitchell in Escape at Dannemora, ’n tronkdrama op Showmax. Foto: : Christopher Saunders/SHOWTIME

Onthou jy Charlize Theron in Monster? Wel, Patricia Arquette se weergawe van haar transformasie in Escape at Dannemora is glo heelwat meer dramaties, en die reeks oor gevangenes se ontsnapping uit ’n tronk in New York vreemder as fiksie.

Dié spanningsriller is nou op Showmax beskikbaar.

Arquette het vanjaar ’n Golden Globe as beste aktrise vir haar spel in dié kort TV-reeks ontvang terwyl die Los Angeles Times dit as die beste reeks in 2018 aangewys het.

Oor sewe episodes sal kykers op die punt van hul stoel bly sit wanneer twee veroordeelde misdadigers met die hulp van die vroue-tronkbewaarder Tilly Mitchell ontsnap nadat sy maande lank ’n seksuele verhouding met albei gehad het. Dít terwyl sy met ’n medebewaarder getroud is en kinders het.

Arquette vertolk die rol van Tilly, wat in beheer van die tronk se klerewinkel is, Benicio del Toro (Traffic, Sicario) is te sien as Richard Matt en Paul Dano (The Sopranos, 12 Years a Slave) as David Sweat.

Matt is die meesterbrein agter die ontsnapping en Sweat, wat ware gevoelens vir Tilly ontwikkel, eintlik ’n onwillige deelnemer. Albei is aan moord skuldig bevind.

Hulle oorreed Tilly om ystersaaglemme in bevrore hamburgervleis te versteek om hulle met hul ontsnappingspoging te help.

Volgens Newsday is Arquette onherkenbaar in Escape at Dannemora, al is sy een van die bekendste aktrises. Sy het ’n Oscar en ’n Golden Globe vir Boyhood ontvang en ’n Emmy vir Medium.

Nog ’n rede om die reeks te volg, is die knap regie van niemand anders nie as die komedieakteur Ben Stiller. Hy het kritici se monde gesnoer toe die regisseursgilde van die VSA hom vir die reeks bekroon het. Kenners meen hy is eerder bestem as regisseur en nie as akteur nie en diegene wat The Secret Life of Walter Mitty gesien het, behoort saam te stem.

As kykers nog nie oortuig is van die gehalte van die reeks nie, hou in gedagte dat die Golden Globe- en Emmy-benoemde Bonnie Hunt en Emmy-benoemde David Morse ook in Escape at Dannemora speel. Hulle was ook in die klassieke tronkdrama The Green Mile.

Meer oor:  Televisie  |  Patricia Arquette
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.