Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tv
Piet Matipa sluit aan by ‘Ware naarheid’
Die ware naarheid
Piet Matipa Foto: Werner Botha

Piet Matipa gaan “gal braak, maar met feite” wanneer hy vanaf 24 April as korrespondent in die tweede reeks van die satiriese nuusprogram Die ware naarheid op kykNET optree.

Matipa, draaiboekskrywer van die SABC 2-sepie 7de Laan en rubriekskrywer, sluit aan by die ankeraanbieder Schalk Bezuidenthout, en die ander korrespondente, Erns Grundling en Bibi Slippers, wat kykers reeds in die eerste reeks in 2018 leer ken het.

“Hoewel ek ’n bietjie senuagtig is, is ek ook ’n bietjie opgewonde.”

Matipa was in die eerste reeks ’n ateljeegas, waarna hy ’n oproep ontvang het met die aanbod om deel van die span te word.

“Gelukkig neem ons Woensdagaande op, wat by die res van my program inpas. 7de Laan is my werk-werk. Die ander mense saam met wie ek gaan aanbied, is ook met ander projekte besig.”

Nie televisie of om tekste te skryf, is vir hom heeltemal nuut nie.

Hy was voorheen aanbieder van die reeks Wees op Via en hy het ’n paar keer op die kykNET-program Parlement, parlement sy kwinkslae gedeel.

Die ware naarheid
Erns Grundling, Schalk Bezuidenhout, Piet Matipa en Bibi Slippers in Die ware naarheid. Foto: Werner Botha

“Ek hoop maar daar is sommige van die vaardighede van my vorige televisieverskynings wat ek nou sal kan toepas. Ek is ’n sepieskrywer. Verskillende platforms vereis verskillende skills. Ek sal myself moet leer om hierdie shows te kan skryf. Die ander gaan my lei. Ek is daaraan gewoond om heeldag agter ’n rekenaar te sit, so dit is nuut vir my.”

Die ware naarheid
Piet Matipa maak eersdaags sy verskyning as nuwe korrespondent in Die ware naarheid. Foto: Werner Botha

Matipa gaan nie oor ’n spesifieke tema of onderwerp verslag doen nie, maar gaan elke week met Bezuidenhout oor ’n aktuele saak gesels.

“Ek en Schalk gaan ’n gesprek voer. Dit gaan verkieslik ’n bietjie omstrede wees. Nie baie nie, maar ’n bietjie. Om te sê wat jy wil, is baie lekker, ek kan nie wag om dit te doen nie. Maar natuurlik moet dit op die ou end tog binne sekere perke wees. Wat ek ook al gaan sê, gaan ek staaf.”

Die vier aanbieders is verantwoordelik vir die navorsing en skryf van die teks.

“My genade . . . Ek glo alles sal goed gaan. Ek hou van lig en laf wees en ek praat onsin, maar ek dink nie ek is snaaks nie. Komediante is snaaks. Ek dink nie dis my uitgangspunt om snaaks te wees nie. Ek vertel iets uit my perspektief, met my aanslag. Dit bevat my flavour, maar ek dink nie iemand gaan op die vloer lê oor wat ek gaan sê nie.”

*Die ware naarheid se tweede reeks begin op 24 April om 20:30 op kykNET (DStv-kanaal 144).

*Die reeks word voor ’n ateljeegehoor opgeneem.

Stuur ’n e-pos aan bookings@nouvanaand.co.za om deel van die gehoor te wees. Dit is gratis.

Opnames word elke Woensdag om 16:00 vir 16:15 in Stark Studios in Randburg gedoen. Die adres is Aimeestraat 66.

*Die laaste twee episodes word op 4 en 9 Julie verfilm.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.