Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tv
Pippa vanaand vir oulaas op Binnelanders
Nadia Valvekens is Donderdag die laaste keer in Binnelanders te sien.

Met Pippa se laaste verskyning in Binnelanders Donderdagaand, vind sy oplaas haar gelukkige einde, sê Nadia Valvekens wat die karakter die afgelope 13 jaar vertolk het.

Nee, daar is geen dramatiese wending met Pippa se swanesang op dié kykNET-sepie nie. Vroeër die week het sy ontdek dat sy swanger is en in Woensdag se episode het sy haar bedanking by die Binneland-kliniek ingedien.

“Sy het net nie aan haarself geboorte gegee nie,” sê Valvekens, “maar Pippa het omtrent alles ervaar wat ’n mens kan ervaar, soos siekte en liefdesteleurstellings.

“Sy het onlangs die mooi troue gehad, sy kon ’n kind aanneem en sy is swanger. Al die mooi het nou met haar gebeur.”

Pippa en At Koster (vertolk deur Hans Strydom) is die enigste karakters wat sedert die sepie se begindae nog deel van die span is.

Valvekens sê sy gaan die karakter en die sepie mis, maar sy geniet dit om nou weer haar vlerke te sprei nadat sy al ’n ruk gelede finaal die stel verlaat het.

“Ek voel nog te jonk om net op een plek te wees,” sê sy.

Nadia Valvekens as Pippa in Binnelanders.

“Ek is egter baie dankbaar oor die wonderlike geleenthede wat Binnelanders my gegee het. Ons kan wonderlike stories vertel en ek het die voorreg gehad om saam met goeie skrywer te werk.”

Valvekens was onlangs op die verhoog in Jan Groenewald se toneelstuk Hartklop teenoor Christo Davids. Op die Aardklop Nasionale Kunstefees in Potchefstroom gaan sy in Oktober teenoor Cintaine Schutte in die debuutproduksie Huishou deur Philip Rademeyer speel, met die regie deur Nico Scheepers.

“Ons het so pas (net voor die onderhoud) die eerste keer saam deur die teks gelees. Dis lekker om nou weer al hierdie projekte aan te pak. Ek geniet al hierdie uitdagings, ’n mens moet groei. Ek maak ook ’n draai op die stel van Hotel. Verder het ek onlangs ’n kortfliek geskiet wat gegrond is op ’n kortverhaal van Deon Meyer.”

Dié kortfliek is deel van ’n reeks van 13 kortflieks deur die dramaturg en regisseur Deon Opperman.

“Daar is baie sterk stories om te vertel en ek is opgewonde daaroor.”

* Binnelanders word weeksdae om 19:30 op kykNET (DStv-kanaal 144) uitgesaai.

Meer oor:  Aardklop  |  Nadia Valvekens  |  Deon Meyer  |  Deon Opperman  |  Televisie  |  Binnelanders  |  Teater  |  Flieks
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.