Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tv
Reeks belig ysige feite oor Tsjernobil

Chernobyl **** 

Met Jared Harris en Jessie Buckley.

Skepper: Craig Mazin

Soek jy hardebaard-vermaak wat op die waarheid gegrond is en geen kompromisse aangaan nie? Dit versag nie die waarheid nie. En hoewel sommige karakters, soos Emily Watson as Ulana Khomjoek, ’n samestelling is van meer as een wetenskaplike, voel dit of jy eerstehands deelneem aan dié grusame waarheid.

Dit is ’n wonderwerk dat die planeet nie uitgebrand het nie.

Baie mense ken Tsjernobil net as ’n kernreaktor waar ’n lekkasie in April 1986 plaasgevind het. Omdat die Russe paranoïes was, is selektief met die inligting omgegaan. Nou word die waarheid sonder lipstiek gewys. En hoewel dit klink asof die reeks droog kan wees, is niks verder van die waarheid nie. Dit slaan jou tussen die oë.

Dit begin in Tsjernobil toe ’n veiligheidsoefening skeefloop. Die vinger word gewys na die mense in beheer van oningeligte werkers. Daarna vind ’n katastrofiese ontploffing plaas en daar is ’n radio-aktiewe lekkasie wat honderde kilometer ver deur die wind gedra word.

Die ergste is die Russiese regering wat ’n deksel op die ramp wou plaas. Die reeks konsentreer in strak terme hierop. Daar is tegniese verduidelikings van die gebeure, dus is daar geen intriges of foefies wat die reeks verfraai nie. Jy kyk met ontsag na wat gebeur het – en waarvan ons nou eers bewus raak.

Dié uitmuntende reeks word aanbeveel vir lesers wat moeg is vir oppervlakkige, suikersoet TV-reekse, en wat na breinkos soek.

Jared Harris is uitmuntend as Valeri Legasof wat gewaarsku het dat die katastrofe vererger gaan word as geheimhouding bo veiligheid gestel word.

  • Op M-Net, Woensdagaande om 22:10.
Meer oor:  Chernobyl  |  Televisiereeks
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.