Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tv
Reeks gryp aan en voer jou na Italië in 1950’s

My Brilliant Friend *****

Met Gaia Girace en Margherita Mazzucco.

Regisseur: Saverio Costanzo.

Dit is een van die beste en mees aangrypende TV-reekse nog. Vanaf die eerste tonele gryp dit jou aan en voer jou mee na Italië in die 1950’s. Die storie spog met ’n hand-voor-die-mond-gryp-verstomming, want dit is onvoorspelbaar.

Die noukeurig verfilmde en stylvolle reeks gaan oor die onwaarskynlike vriendskap tussen twee wyd uiteenlopende middelklas-meisietjies, later tieners, en die uitbarstings tussen hul families, asook in die ander gesinne rondom hulle.

Dit gaan veral om Lila se familie se skoenwinkel, en die rol wat dit speel in ’n persoonlike oorlog, ook tussen kapitalisme en kommunisme. Elke raampie lyk soos ’n kunswerk, terwyl die verhoudings die skerm laat brand.

Die politieke en persoonlike gebeure dons ’n klomp lewens vir goed op, maar sommige mense het die krag om op te staan, maar hoe gaan hulle voort?

’n Meesterstuk wat die krag van goeie storievertelling en stewige karakterisering beklemtoon.

In Italiaans met Engelse byskrifte.

  • Op M-Net en Showmax – nuwe episodes elke Saterdagaand.
Meer oor:  Televisiereeks
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.