Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tv
Restaurant se stories met kaviaar bedien

Sweetbitter

****

Met Ella Purnell, Jared Harris en Paul Sparks.

’n Mens kan geloofwaardigheid en egtheid onmiddellik op ’n skerm raaksien. Hierdie vrolike, dog geniepsige geflankeer met een van New York se toprestaurante is so smaaklik soos mentblare in jenewer. Dit kyk na die soet en die suur in ’n legendariese restaurant en al die opspraakwekkende drama agter die skerms. Maar anders as ander sepies, hou hierdie reeks hom met kos besig, en ’n inisiasie in die wêreld van smulpape.

Dit is gegrond op die gelyknamige roman deur Stephanie Danler, wat self in so ’n restaurant gewerk het, en dit word duidelik dat jy legendariese stories oor rugstekery, romanse en geheime resepte uit die perd se bek hoor. Hier is ’n skrywer wat weet waarvan sy praat. Dis nie sommer ’n lukrake saamflans van Wikipedia-feite oor kos nie. Dit is outentiek.

Tess, met bokkie-oë wat jou uit die staanspoor met haar sjarme sal omklits, leer hoe moeilik dit is om van leerling tot kelner bevorder te word. Sy slaap nie haar pad oop tot by haar doelwit nie, maar leer op die harde manier hoeveel persoonlike opofferings dit vereis om te vorder. En hoe sy, soos ’n wafferse renjaer, haar pad tussen die struikelblokke op die roete na sukses moet vind.

Die energie in die kombuis en kospolitiek word met beheersing maar egtheid ondersoek. Boonop raak die storie nooit uitgerek of volgestop met ’n eindelose geklets nie, maar dinge gebeur gedurig en boonop is elke episode net 24 minute lank.

Dit is kitskos-vermaak wat met kaviaar bedien word. Aanbeveel.

  • Op Showmax.
Meer oor:  Tv  |  Showmax
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.