Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tv
Robbie Wessels op straat in ‘Binnelanders’

Robbie Wessels is deesdae as die hawelose, “goeie ou” Elvis in die kykNET-sepie Binnelanders te sien, maar hy was voorheen aan een van die verpleegsters verloof – en het ’n ander naam gehad.

Hy is niemand anders nie as Kobus, Naomi (Je-ani Swiegelaar) se eks-verloofde.

Robbie Wessels as Elvis in ‘Binnelanders’. Foto: Stark Films

Nou het hy en Naomi se man, Louis (Germandt Geldenhuys), mekaar ontmoet nadat Louis hom gered het van ’n klomp mans wat hom aangeval het.

Elvis het selfs in Louis se kuierplek, Doepa, oornag.

Kykers wat goed kan onthou, sal wonder hoe die stabiele Kobus op straat beland het en boonop nou ’n ander naam het.

“Kobus beland op ’n vreemde manier weer in die storie. Die vraag is weer eens, is dit toevallig? Hier kom beslis intrige; kykers moet dit maar dophou,” sê Wessels.

Tot dusver het hy en Naomi mekaar nog nie raakgeloop nie, maar sy weet Louis het ’n hawelose man gehelp.

Robbie Wessels en Cathrina le Roux in ‘Binnelanders’ Foto: Stark Films

Hy het vroeër in sy skuiling na ’n foto van hom en Naomi gekyk en later aan Louis gevra wat van die kuierplek Nagskof (wat voorheen in die storie was) geword het.

Deel van die moeilikheid wat Kobus en Naomi opgetel het, was sy sagte plek vir sy ma.

“Ek dink sy ma het dit vir seker moeilik gemaak daai tyd. Ek dink nie hy het haar kant die heeltyd gekies nie. Sy ma was maar net baie sterk en hy het nie lekker geweet hoe om haar aanslag te hanteer nie.

Wessels is sowat ’n maand lank in Binnelanders te sien.

“Dit was vir my fantasties om weer op stel te wees. Ek het ’n hele paar bekende gesigte weer gesien en lekker opgevang. Ek dink ek was laas in 2014 in Binnelanders.”

Binnelanders se nuwe reeks begin Maandag. Kykers moet hul PVR weer instel om die hele reeks op te neem.

Binnelanders word weeksdae om 19:30 op kykNET (DStv-kanaal 144) uitgesaai.

Robbie Wessels was voorheen as Kobus in ‘Binnelanders’ te sien. Foto: Stark Films
Meer oor:  Kyknet  |  Binnelanders  |  Sepies  |  Televisie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.