Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tv
SAUK kanselleer ‘Top Billing’ ná 25 jaar

Ná 25 jaar op die kassie het die SAUK die gewilde leefstylprogram Top Billing glo gekanselleer.

Jo-Ann Strauss Foto: Argief

Volgens die Sowetan sal die program se laaste episode op Saterdag 19 Oktober om 18:00 op SABC3 uitgesaai word.

Die koerant berig die SAUK het reeds vier maande gelede besluit om nie die kontrak vir die program te hernu nie omdat dit glo veral weens insetsels in die buiteland te “duur” is. Die program se kykersgetalle het ook glo gedaal toe dit van ’n Donderdag- tot Saterdag-tydgleuf verskuif is.

Netwerk24 het die SAUK én Tswelopele Productions, wat die program vervaardig, om kommentaar genader. Vuyo Mthembu, SAUK-woordvoerder, en die vervaardigingsmaatskappy het gesê hulle sal later Donderdag ’n verklaring oor die kansellasie uitreik.

Die program is deur die voormalige Mej. Suid-Afrika en sakevrou Basetsana Kumalo en die vervaardiger Patience Stevens geskep. Oor die jare heen het dit bekende name as aanbieders gehad, onder andere Simba Mhere, Janez Vermeiren, Ursula Chikane, Bonang Matheba, Nico Panagio en Michael Mol.

Een van die bekendstes, die sakevrou en voormalige Mej. Suid-Afrika Jo-Ann Strauss, het die program op haar Facebook-blad bedank vir die geleenthede wat dit haar gebied het.

“Wat ’n ongelooflike reis was dit nie saam met die span nie, en ek is ewig dankbaar aan almal wat agter die skerms so hard gewerk het om die program te maak wat dit is. Goeie nag en mag God julle seën.”

* Kumalo het intussen die einde van die program in 'n rits twiets bevestig:

Twiets waarin Basetsana Kumalo die einde van 'Top
Twiets waarin Basetsana Kumalo die einde van 'Top Billing' aankondig.
Twiets waarin Basetsana Kumalo die einde van 'Top
Twiets waarin Basetsana Kumalo die einde van 'Top Billing' aankondig.

  

Meer oor:  Top Billing  |  Jo-Ann Strauss  |  Basetsana Kumalo  |  Tv  |  Sauk
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.