Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tv
SAUK vier 84ste jaar in uitsaaiwese

Die Suid-Afrikaanse Uitsaaikorporasie (SAUK) vier Saterdag sy 84ste jaar in die uitsaaiwese.

Die openbare uitsaaier is in 1936 gestig en het deur die jare ’n beduidende transformasie ondergaan van ’n staatsmonopolie van radiodienste tot die hedendaagse moderne instelling van vandag wat sosiale samehorigheid en demokrasie in ’n multi-etniese omgewing bevorder.

Die SAUK was aanvanklik net ’n radiodiens wat in Engels en Afrikaans uitgesaai het. In 1940 het hy egter begin om ook uitsendings oor die radiogolwe in Zoeloe, Xhosa, Sesotho en Tswana aan te bied.

’n Dekade later, in 1950, het die uitsaaier nog ’n stappie verder gegaan en sy eerste kommersiële radiostasie, Springbok Radio, in die lewe geroep.

Televisie is eers in 1976 bekend gestel. Teen 1982 is twee bykomende dienste vir ’n groeiende swart stedelike gehoor ingestel, TV2 in Zoeloe en Xhosa en TV3-uitsendings in Sotho en Tswana.

Foto ter illustrasie.Foto: Gallo Images

Met die aanbreek van demokrasie in 1994 was dit ook die begin van transformasie vir die SAUK, waartydens ’n aantal verskillende stemme op die lug gesien en gehoor kon word.

1994 was ’n belangrike jaar waartydens die eerste swart hoof uitvoerende beampte, wyle Zwelakhe Sisulu, aangestel is om die openbare uitsaaier verder die toekoms in te lei. ’n Herstrukturering van al die SAUK-dienste het gevolg toe alle radio- en TV-platforms verandering ondergaan het.

Ander mylpale in die uitsaaier se geskiedenis sluit in die totstandkoming van sy redaksionele beleid in 2004, die uitsaai van die Fifa--wêreldkampioenskap in 2010 asook ’n 24-uur nuuskanaal wat die SAUK se inhoud op aanlyn- en digitale platforms aan ’n groter gehoor bekendgestel het.

Vandag spog die SAUK met 19 radiostasies en vier televisiekanale.

Met die viering van 84 jaar in die uitsaaiwese lewer die SAUK inhoud aan alle Suid-Afrikaners in hul voorkeurtale met een van die grootste hoogtepunte die totstandkoming van X-KFM-radio in die jaar 2000 wat ook inhoud aan die !Xun en Khwe-mense uitsaai. In 2019 loods die uitsaaier die SABC News-toepassing wat toegang bied tot daaglikse nuus asook stroming van die SABC News Channel 404 en SABC-radiostasies. In 2020 stel die SAUK ook die opvoedings-televisiekanaal SABC Onderwys bekend te midde van die Covid-19-pandemie, waar miljoene leerders beperkte toegang tot die kurrikulum het terwyl skole gesluit is.

Madoda Mxakwe, hoof- uitvoerende beampte van die SAUK, het Saterdag met die uitsaaier se 84ste jaar-vieringe voorgeneem om in die komende dekades aan te hou om te groei en groter hoogtes te bereik.

Meer oor:  Sauk  |  Vier  |  Uitsaaiwese
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.