Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tv
Shaleen in September weer in ‘Arendsvlei’ te sien

Die aktrise Shaleen Surtie-Richards is in September weer in die kykNET-telenovelle Arendsvlei te sien.

Sy is Maandagoggend dood in ’n gastehuis in Kaapstad gevind nadat haar laaste tonele Donderdag opgeneem is.

Shaleen Surtie-Richards is in September weer in ‘Arendsvlei’ te sien.

Sy sou Dinsdag na Johannesburg terugkeer.

“Sy het in 2019 haar eerste verskyning hierin gemaak as Muriel, Lionel Foster (Jody Abrahams) se ma,” sê Tarryn Joseph, bemarker van Arendsvlei.

“Haar karakter werk op skepe, so sy kom net nou en dan in. Shaleen het einde Mei teruggekom vir ’n kort storielyn en vir drie weke by ons verfilm.”

Haar storielyn is klaar, dus is geen veranderinge nodig nie.

“Sy het Donderdag besluit om ’n bietjie langer in die Kaap te bly om tyd saam met familie deur te bring.”

Arendsvlei word Maandae tot Donderdae om 19:30 op kykNET & Kie (DStv-kanaal 145) uitgesaai.

Shaleen Surtie-Richards as Muriel in ‘Arendsvlei’.
Meer oor:  Kyknet  |  Shaleen Surtie-Richards  |  Televisie  |  Aktrise  |  Telenovelle  |  Arendsvlei
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.