Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tv
Showmax bied vakansievermaak met topreekse

Showmax is gereed om kykers in Desember en Januarie te vermaak met 14 van die beste internasionale reekse.

Dit sluit in die laaste reeks van Vikings en Silicon Valley , asook Mrs. Fletcher en The Righteous Gemstones wat die vakansie debuteer.

Hier is die 14 topreekse:

The Righteous Gemstones

Die seun van ’n wêreldbekende gesin van televisie-evangeliste moet by sy pa oorneem, maar hul afwykende gedrag en gierigheid is besig om hul Woordverkondiging te pootjie.

Danny McBride vertolk die rol van Jesse, die oudste van die gesin se drie kinders.

KLIK EN KYK

Good Trouble

Dié reeks, wat uit die veelbekroonde The Fosters spruit, verken die lewe van The Coterie se inwoners, die mees byderwetse blyplek in Los Angeles. In hierdie seisoen navigeer die ingenieur Mariana (Cierra Ramirez), die regsklerk Callie (Maia Mitchell) en die ander inwoners hul lewe deur verbrokkelde verhoudings, werkverpligtinge, die soeke na geluk en wat dit beteken om te bly klou aan dit waarin jy glo.

KLIK EN KYK



Vikings (laaste seisoen)

Bjorn keer ná sy oorwinning in ’n veldslag terug na die Vikings wat Skandinawië al hoe dieper binnedring. Torvi en Ubbe probeer Floki in Ysland opspoor en Ivar vertrek op die syroete na Rusland. Daar loop hy ’n heerser raak wat meer onvoorspelbaar en genadeloos as hy self is.

* KLIK EN KYK

’n Nuwe episode verskyn elke Donderdag vanaf 5 Desember.

Silicon Valley (laaste seisoen)

’n Komiese blik op die moderne episentrum van jare terug se tegno-stormloop waar die beste gekwalifiseerdes vir sukses dit die minste kan hanteer.

* KLIK EN KYK


Mrs. Fletcher (vanaf 13 Desember)

Die reeks gaan oor die persoonlike en seksuele reise van ’n ma wat aan leënessindroom ly, en haar seun wat universiteit toe gaan. Albei vier hul nuut gevonde vryheid met gemengde sukses.

Marvel’s Runaways

Alle tieners dink hul ouers is boos, maar sê nou dit is waar? Ses tieners wat mekaar nie kan verduur nie, word gedwing om saam te staan teen ’n gemeenskaplike vyand – hul ouers.

* KLIK EN KYK


His Dark Materials

Lyra se soektog na ’n ontvoerde vriendin krap ’n nes oop van gesteelde kinders en die geheime verskynsel Dust.

* KLIK EN KYK


Watchmen

Die reeks speel af in ’n alternatiewe geskiedenis waar gemaskerde vigilante as afvalliges beskou word. Bekende akteurs hierin is Regina King, Jeremy Irons, Louis Gossett Jr en Don Johnson.

Nuwe episodes begin op Maandae.

* KLIK EN KYK

Rick and Morty

Die verhaal gaan oor ’n sosiopatiese wetenskapgenie wat sy beangste seun, Morty, deur uiters gevaarlike avonture oor die wêreld heen saamsleep.

Nuwe episodes begin op Maandae.

* KLIK EN KYK

South Park

In die 23ste seisoen van dié gewilde reeks oor die “moeilike” grootwordjare van kinders in South Park, Colorado, kom die jonges te staan teen volwassenes en glanspersone wat die kluts kwyt is. South Park is so aktueel soos altyd.

* KLIK EN KYK


Godfather of Harlem

In die vroeë 1960’s keer die berugte misdaad-baasbrein Bumpy Johnson ná 10 jaar tronkstraf terug na sy ou buurt. Dit is vervalle en Johnson besluit om die Italiaanse mafia, wat nou daar regeer, die stryd aan te sê sodat die buurt na sy ou “glorie” herstel kan word.

Nuwe episodes begin op Dinsdae.

* KLIK EN KYK


Vida (vanaf 2 Januarie)

Omstandighede dwing twee Mexikaans-Amerikaanse susters wat van mekaar weggedryf het om na hul ou buurt terug te keer waar hulle met die verlede gekonfronteer word en uitvind hul oorlede ma was met ’n lesbiër getroud.


Alex Rider (vanaf 17 Januarie)

Wanneer Alex Rider uitvind hy word reeds van kleins af opgelei vir die gevaarlike spioenasiebedryf, ondersoek hy in die geheim die verband tussen die dood van twee miljardêrs en ’n afgeleë koshuisskool. Met die hulp van twee klasmaats en sy au pair lê hy ’n bedrognetwerk bloot.


Ray Donovan (vanaf 20 Januarie)

Terwyl Ray in sy persoonlike lewe vorder, duik gevare op wat die Ray Donovan van ouds verg.

* KLIK EN KYK


Meer oor:  Showmax
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.