Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tv
Showmax verwyder 5 Schuster-flieks, nog 2 ander

Showmax het vyf Leon Schuster-flieks en nog twee ander verwyder. Dit is nadat hy Frank & Fearless, een van Schuster se flieks, weer teruggeplaas het.

Dié fliekplatform het Vrydag in ’n verklaring gesê ná ’n hersiening van die inhoud op Showmax, is die titels weens hul negatiewe rassestereotipering en prominente elemente van “blackface” verwyder.

“Van die ses Leon Schuster-flieks wat verwyder is, sal ons Frank & Fearless terugplaas.”

Ons erken dat hierdie flieks ’n produk is van hul tyd en met goeie bedoelings geskep is.

Die ander vyf, lui die verklaring, sal nie terugkeer nie.

“Ons erken dat hierdie flieks ’n produk is van hul tyd en met goeie bedoelings geskep is.”

Showmax is ’n vermaaklikheidsdiens, lui die verklaring, en hy onderskryf nie die sienings en gedrag van die programme en flieks op sy platform nie.

“Dit is nie ons plek om vir mense te sê wat reg en verkeerd is of wat hulle aanstoot behoort te gee nie. Maar ons sal besluite neem oor watter inhoud ons mee gemaklik is om te wys.”

Showmax sê hy meen ’n platform soos syne het ’n rol om te speel om mense te verenig deur gedeelde ervarings.

“Ons wil nie terugdeins van polariserende onderwerpe nie, maar ons wil ook nie verdeling saai nie. Ons gaan nie altyd die balans regkry nie, maar ons gaan ons bes doen om te luister en te leer uit ons foute.”

Schuster het vroeër gesê hy sukkel om te verstaan hoekom sy vermomming in sy flieks oor die rassisme-kam geskeer word.

Meer oor:  Leon Schuster  |  Showmax
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.