Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Tv
Sien aksiehelde op DStv se spesiale kanaal
Bruce Willis

Die sterkste van die sterk aksiehelde uit Hollywood is vanaf Vrydag aan’t skop en skiet in die Bang Bang Heroes-kanaal, ’n tydelike kanaal wat Vrydag op DStv-kanaal 109 begin.

In die 24 dae wat die kanaal sal beeldsend, gaan spiertiere soos Sylvester Stallone, Arnold Schwarzenegger, Jean-Claude Van Damme, Jet Li, Dolph Lundgren, Bruce Willis en Chuck Norris te sien wees in rolprente soos Get Carter, Dragon Fight, Die Hard, Universal Soldier: Day of Reckoning en The Expendables.

Kykers kan daagliks agt rolprente sien, en daar is dikwels meer as een fliek van ’n akteur op een dag.

Op 18 Mei gaan Stallone dit uitkap in die rolprente Get Carter, Cobra en Over the Top, en op 19 Mei trek Jason Statham los in The Transporter,Mechanic: Resurrection en Parker.

Sylvester Stallone in The Expendables.

Jet Li wys op 20 Mei ’n paar toertjies uit in The One, Romeo Must Die en Dragon Fight.

Bruce Willis vat die wêreld aan in al die aflewerings van die Die Hard-rolprentreeks op 25 Mei.

* Die kanaal sluit af met die drie Expendables-rolprente op 10 Junie.

* Die volledige skedule is by Mnet.tv/bangbang beskikbaar.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.